Inez Clare Verdoorn (15 Junie 1896 - 2 April 1989) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige.

Lewe en loopbaan Sy is gebore in Pretoria en matrikuleer aan die Loreto Kloosterskool in 1916. Sy werk vir 'n kort tydjie by die Department of Transport and Remounts en later by die Controller and Auditor General se kantoor. In 1917 was sy aangestel as die herbarium-assistent in die Division of Botany and Plant Pathology. Van 1925–27 was sy die skakelbeampte vir die Nasionale Herbarium by Kew waarna sy na Pretoria teruggekeer het. Sy werk weer in die herbarium en word bevorder tot Senior Professionele Beampte, 'n pos wat sy van 1944 tot 1951 beklee. Na haar aftrede in 1951 werk sy in 'n tydelike hoedanigheid tot 1968 en selfs nadat sy afgedank is, hou sy aan met haar botaniese studies.

Haar eerste publikasie was in 1919 en sy het meer as 200 publikasies gedoen; die belangrikste is: Bothalia, Flowering Plants of Africa, Flora of Southern Africa, Kew Bulletin en die Journal of South African Botany.

Sy het meer as 4 000 spesies versamel op togte saam met onder andere Leslie Edward Wostall Codd, Robert Allen Dyer, Anna Amelia Obermeyer en Herold Georg Wilhelm Johannes Schweickerdt.

Toekennings en lidmaatskap 1952 Senior Kapt. Scott-medalje deur die SA Biologiese Vereniging. 1957 President van die SA Biologiese Vereniging. 1964 President van Seksie B van die SA Assosiasie vir die Bevordering van Wetenskap 1967 PhD (eredoktoraat) van die Universiteit van Natal

Eponieme As erkennig vir haar werk is die volgende genus en spesies na haar vernoem: Inezia E.Phillips Aloe verdoorniae Reynolds Senecio verdoorniae R.A.Dyer Teclea verdoorniana Exell & Mendonça Vepris verdoorniana (Exell & Mendonça) Mziray

Die standaard outeursafkorting I.Verd. word gebruik om Inez Clare Verdoorn as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Bron Botanical exploration of southern Africa, EDITION 2, SANBI, 2010, H.F. Glen en G. Germishuizen

Kategorie:Geboortes in 1896 Kategorie:Sterftes in 1989 Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici