Hendrik Spoorbek of Skoorbek (oorlede op Vrydag, die 13de Junie 1845, Tweefontein) is die legendariese persoonlikheid wat rondom dié van 'n lewende persoon gebou is.

Al is daar weinig amptelike dokumente wat sy lewensverhaal uitvoerig uitbeeld, is daar geen gebrek aan legendes wat hom as die towenaar van die Humansdorp-distrik uitbeeld nie. Dit is egter belangrik om te onthou: Humansdorp is eers in 1849 gestig, 4 jaar ná sy dood. Stories oor hom het egter dwarsoor Suid-Afrika opgeduik, vanaf die Kaapprovinsie, tot by die Soutpansberg. Die interessantheid steek nie soseer in Spoorbek as geskiedkundige persoon nie, maar liewer die verskynsel hoe stories en oorleweringe oor hom binne meer as 'n eeu hul eie loop geneem het, en dikwels onversoenbaar met mekaar weer verstrengel geraak het.

Amptelike bronne (primêre tekste) Heinrich Adolf Spoorbek is, volgens Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Deel 12, So-Sz (2005) van Neuenthaler, Duitsland.

Hy is soldaat in Gordon se afdeling, maar word ontslaan deur generaal-majoor Henry James Craig in 1795, met die Eerste Britse Besetting van die Kaap.Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA). Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Deel 12, So-Sz. Stellenbosch: GISA, p. 42

Hy trou met Martha Potgieter en het twee kinders: Hendrik Salomon en Cornelia Margaretha. Cornelia Margaretha is in die Kaap op Sondag, 22 Oktober 1797 gedoop.

Op Vrydag, 14 April 1815 is 58 morg grond langs die Kromrivier vir Spoorbek afgemeet.

In 1816 word "Spoorbek se erf" of "Spoorbekserf" [soos dit later bekend sou staan], geleë langs die Kromrivier, aan Spoorbek deur die Registrateur van Aktes toegesê teen vyf riksdaalders erfpag per jaar, met permanente verblyfreg.

In sy testament, No. 67 van Augustus 1845, is sy erflating niks buitensporig nie. Inteendeel, sy boedel is insolvent by sy afsterwe. Die eiehandige klousule by sy testament toon dat hy wel geletterd was. Behalwe die vier morg huurgrond, gewaardeer op £50, besit hy 'n paar boeke, drie skawe, drie potte, drie hamers, ses koubeitels, een sif, een tafel, twee groot bore, een ou saal, vyf hemde, twee onderbaadjies en twee broeke. Hy was vyf jaar agterstallig op sy rekognisiegeld (39 pond 3 sjielings) en daar was geen kontant in die boedel nie. Rekognisiegeld is geld wat jaarliks deur 'n pagter aan 'n grondeienaar betaal word vir die gebruik of okkupasie van 'n stuk grond.WAT

Ten tyde van die opstel van sy testament het hy geen naasbestaandes gehad nie.Rosenthal, E. 1949. Spoorbek – The Magician. In: They Walk in the Night: True South African Ghost Stories and Tales of the Supernormal. London: George Allen & Unwin, pp. 107-110

Sy erf het in November 1866 oorgegaan in die hande van P.H. du Preez en C.J. van Rooyen.Gerryts, E.J. 2018. (1948) Hendrik Spoorbek. In: Humansdorp se groei en bloei: 1849–1975. Derde uitgawe. Humansdorp: Humansdorp Museum Vereniging, pp. 161-167 Sy testament is behartig deur "Hilligert Muller" (die eksekuteur). Die inventaris lui volgens Gerryts se transkripsie:

Om enige verwarring te vermy: daar is 20 sjielings in 'n pond, dus behoort die gesamentlike skuld, dit is die £39 3s. 0d. met die "ditto", £78 6s. 0d. te wees.

Lawrence Green sien weer die "do" (ditto: gelyk aan voorgenoemde) vir 80 aan, of dan tagtig pond verskuldig aan Du Plessis. J.J. du Plessis, die skuldeiser, word by hom I.J. du Plessis.

Uit bogenoemde inventaris is dit opmerklik hoe die aanvanklike 58 morg (49,6789 hektaar) huurpaggrond van 1816 binne 'n bestek van 29 jaar drasties verklein is tot 'n skamele 4 morg (3,4261 hektaar).

'n Staatsamptenaar het 'n testament opgestel wat nie deur Spoorbek onderteken is nie, maar 'n klousule is aangeheg. In hierdie klousule bedank Spoorbek beleefd die landdros en al diegene wat hul nie die moeite sou troos om sy laaste wil tot uitvoering te bring nie.Coetzee, J. 2007. Spoorbek van Humansdorp. Aangrypende verhale van gister. Stellenbosch: Selfgepubliseer, pp. 205-209. Hierdie klousule is in Spoorbek se eie handskrif geskryf en dra sy naamtekening:

Oorlewering Abel Coetzee vat die karakterwese van die oorleweringe so saam:Coetzee, A. 1968. Die Afrikaner se volkskunde. In: P de V. Pienaar (red.). Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, p. 144

Aantekeninge uit die 19de eeu Hannes en Hanne: Eene Zuid-Afrikaansche Liefdeshistorie (1888) Vanaf 2 Augustus tot 11 Oktober 1888 verskyn daar in die Amsterdamse blad De Wereldburger 'n vervolgverhaal uit die pen van Bertus Hendrik van Breemen (gebore 13 April 1852). Van Breemen studeer eers in die teologie, maar maak nie sy studies klaar nie. Hy bly twee jaar lank in die Oranje-Vrystaat en in Natal, waarna hy terugkeer na sy vaderland en redakteur word van verskeie Nederlandse dagblaaie. In Suid-Afrika was hy onder meer onderwyser ("skoolmeester") in Natal, in (Pieter)Maritzburg, maar ook in Nieuw-Hannover, destyds ook bekend as Sterkspruit, soos hy vermeld in die slothoofstuk "Hoe ik Kerstfeest vierde in Zuid-Afrika" van sy boek Mooi-Sannie (1882, 2de uitgawe in 1887). In hierdie boekie skryf hy sy wederervaringe onder die Afrikaners in Natal op, en heelwat van die name en Afrikaanse woorde verskyn net so weer in die vervolgverhaal.

Die verhaal word in agt aflewerings aangebied, waarvan die ondergemelde intrige alles fiktief is, en Spoorbek 'n kameerol vertolk. Die stories wat Van Breemen wel by die Boere gehoor en opgeteken het, probeer hy duidelik van sy liefdesverhaal onderskei (van groot hulp vir volkekundiges), maar dit bied tog die nodige agtergrondgegewens in die verhaal.

Die verhaalgegewe speel af op die plaas van 'n welgestelde boer in Natal. Die verteller (duidelik 'n verstedelikte Hollander) vind dit vreemd hoe dit die boeregebruik is om in die bondel te vry, d.i. die boeremeisie kan selfs twee of meer mansbesoekers hê wat vir die opsitkers meeding, sonder om met slegs één persoon vas uit te gaan. Vir 'n Hollander uit die 19de eeu is dit feitlik ongehoord dat 'n meisie, wat die volgende dag moontlik voor die kansel kan staan, die vorige aand nog sit en vry met 'n ander man, wat in soortgelyke mate na haar hart gevry het as haar voorgenome trouman wat sy in die oog het, net sodat sy hand op die nippertjie in die as geslaan kan word.

Die hoofrede hiervoor is, die platteland in Suid-Afrika is nie Holland nie: die plase is enorm en dikwels wyd uit mekaar, en die mans werk bedags van donker tot donker, want die bestaansboerderymetodes is nog handmatig, uiters omslagtig en die plaasimplemente primitief. Belangrik, ook in hierdie verhaal: die meisie sal nie agter die mans aanloop nie, hulle sal by haar aan huis of by 'n openbare ruimte (soos 'n kerk, samekoms, kermis, mark, ens.) ontvang word. Dit is ononderhandelbaar.

Volgens die gebruike moes kuierplek egter nooit lêplek word nie: Saterdae en Woensdae (klein-Saterdae) was kuieraande.Hudson, C.W. & Van der Merwe, H. 1977. Hofmaak, verlowing en huwelik: Vrygebruike. In: Grobbelaar, P.W. (red.). Boerewysheid. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. pp. 192-198

In hierdie verhaal werk dit bietjie anders: Soms kry die mans 'n vrye tydjie, die besoeke by die meisie is dikwels wisselvallig, en onvoorspelbaar: daag 'n geliefde uit die bloute op, dan word daar gesellig gekuier – die koffiekan staan altyd gereed en prut op die stoof, al was sy self besig met haar huishoudelike pligte. Waar besoeke nie altyd moontlik was nie, kon briefwisseling altyd deur 'n getroue plaaswerker geskied, wat as bode of loopjonge sou optree, want die posdiens op die dorp was dikwels myle van die plase af.

Dit gun die meisie (en die ouers) die kans om die mans te leer ken, en dikwels is hierdie besoekers maar van buurplase, so hulle vry maar langs die draad af. En dit is haar voorreg om die volgende stap in die ritueel, naamlik "ouersvra" aan die gang te sit, en sy moet hierdie besoek reël. Sodra die voorgenome huwelik die ouers se goedkeuring wegdra, volg die verlowing. Maar belangrik: al sou daar 'n verlowing wees, wat in 'n baie ernstige lig beskou word as 'n belofte voor God, is daar ook nog die spreekwoord: "solank die voël vlieg, kan jy hom skiet". Mans het dus nog willens en wetens by 'n verloofde meisie gaan kuier om haar hart te wen. Om egter 'n verlowing te verbreek, was so goed soos egbreuk.Hudson, C.W. & Van der Merwe, H. 1977. Hofmaak, verlowing en huwelik: Verlowing. In: Grobbelaar, P.W. (red.). Boerewysheid. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. pp. 198-200

So 'n opset is 'n teelaarde vir jaloesie en nyd onder die mans, reken die verteller. En Hanne word "een slachtoffer der Zuid-Afrikaansche zeden en gebruiken".

Nou is daar twee medeminnaars – Willem Jonkmans en Hannes de Villiers. Albei het welgestelde vaders, maar Willem-hulle se plaas grens aan dié van die Pretoriusse, en daardie geleentheid word deeglik deur Willem benut. Van Breemen, B.H. 1888. Hannes en Hanne. Eene Zuid-Afrikaansche Liefdeshistorie. Deel II. De Wereldburger, 30 Augustus, pp. 353-354 Hannes weet egter Hanne is lief vir hom en sal hom nie verraai nie; Hannes is ook glad nie opdringerig of knaend nie. Willem is jaloers op Hannes, want dit is duidelik wie Hanne Pretorius (blonde hare, met blou oë) se hartjie vinniger laat klop. Hanne is ook terdeë bewus van Willem se brommergroen jaloesie, maar laat niks blyk nie, al stuit die geliefkosinge van Willem haar teen die bors. Ook die ander jongmans wat Hannes verdag probeer maak, is maar net nog water op Hanne se liefdesmeul. Terwyl die ander jongmans daardie énkele aand saam met haar in hul herinneringe maar moet koester, word Willem se ywer net sterker aangewakker, en ken geen paal of perk nie. Die Nagmaal is om die draai, waarby die aanneming van Hannes en Hanne naby was – wat hul as volwasse lidmate bevestig, en dus hubaar maak. Daarom is Hanne ook besig met die vraagboek, waaruit sy die kategismus leer.

Soos Hanne in sy brief lees, is Hannes weg Vrystaat toe, om hout te verhandel, maar saam met hom is Pieter Fourie, die neef van Doors Fourie wat op trou staan. Hanne stel hier 'n vraagteken, want Pieter en Willem is boesemvriende, en dit voorspel niks goeds nie. Sy weet Hannes kan by tye opvlieënd raak, maar wat haar die meeste bekommer is die drank by die bruilof. En dat Willem self ook by die bruilof gaan wees.

By die troue se onthaal het Hannes reeds bietjie te veel gedrink en word deur Willem (wat hom met nog 'n paar glase aangehelp het), uitgedaag tot 'n perdewedren (sulke spele by plaastroues was heel normaal), in 'n baie gemoedelike luim. Hannes se perd is vir die een of ander rede skielik kreupel, en Willem het toevallig 'n nuwe perd aangekoop en as "handperd" saamgebring, slaggereed vir Hannes, wat hy 'n rukkie gelede van 'n Engelse perdeverkoper aangeskaf het. Net toe dit wil lyk of Hannes die wedren met die wildvreemde perd gaan wen, maak die perd "een vervaarlijken sprong" en gooi hom af. Hannes doen 'n diep wond op, die omstanders neem die perdeverkoper kwalik (want perdekopers het nou maar 'n slegte naam onder die boere) en Willem het 'n arts ontbied.

Hanne kom die nuus te hore, en wel ook by monde van Willem, met nadruk op die dronkenskap van Hannes. Hoe Willem daarna ook tydig en ontydig haar drumpel kom deurtrap en homself ook al in 'n stralende goeie lig probeer stel, en Hannes se naam op subtiele maniere probeer beswadder, dit maak nie soveel indruk op Hanne nie. Sy wil die nuus uit Hannes se mond self hoor. Ander jongmans wat besoek aflê getuig ook dat in die sagste deel van die hoef van die perd se linkervoorpoot 'n taamlik groot spyker gesit het; oom Roelf vermoed dit is een van die plaaswerkers wat die dier leed aangedoen het. Hanne skryf die een brief na die ander, maar kry geen antwoord. Weke, maande gaan verby. Sy hoor later by Willem hoe Hannes haar vergeet het en 'n nuwe meisie gekry het: Sannie wat hom verpleeg (oom Roelf Fourie se dogter; oom Roelf is die vader van Doors Fourie, die bruidegom)

Dit maak Hanne ontroosbaar en sy huil haar oë uit in die skuur. Haar hart, soos haar toekoms, is aan skerwe.