Lachnaea rupestris is 'n meerjarige, blomdraende bossie wat deel is van die Thymelaeaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Stettynsberge tot by die Riviersonderendberge op hoogtes van 1 500 m voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 250 km² en is deel van die fynbos. Daar is vyf subpopulasies bekend en die spesie word bedreig deur indringerplante.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
rupestris Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika