André Brahm Truter (gebore 23 April 1969) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert November 2021 as die uitvoerende burgemeester van die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit dien. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie. Agtergrond Truter is op 23 April 1969 in Stellenbosch gebore. Hy het in die Paarl-Vallei grootgeword. Truter het aan die Hoër Tegniese Skool in Oudtshoorn gematrikuleer. Daarna het hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Malmesbury aangesluit waarna hy in Pretoria sy opleiding voltooi het. Nadat hy sy opleiding voltooi het, is Truter na die Boesmansnek-grenspos op die Lesotho-KwaZulu-Natal grens gestuur waar hy in die veediefstaleenheid diens gedoen het.
In 1994 het Truter uit die polisiediens getree en 'n besigheid kort daarna gestig. Hy het suksesvolle maatskappye in die bosbou-, landbou-, private sekuriteits- en vervoerbedrywe bestuur en ook sy eie boerdery bedryf terwyl hy op die familieplaas gewoon het.
Politieke loopbaan Truter het as die DA-kandidaat in 'n tussenverkiesing in wyk 5 van die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit op 12 Desember 2018 gestaan wat hy met 89% van die stemme gewen het.
Op 1 September 2021 is Truter as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Saldanhabaai Plaaslike Munisipaliteit vir die opkomende munisipale verkiesing op 1 November 2021 aangekondig. Die DA het hul meerderheid op die raad in die verkiesing verloor. Truter is op 17 November 2021 as burgemeester verkies danksy die enkel Cape Coloured Congress-raadslid wat met die DA-koukus gestem het.
Familielewe Truter is al meer as dertig jaar met Sheena getroud. Die egpaar het drie kinders. Verwysings
Eksterne skakels Mayor's office – Saldanha Bay Local Municipality
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters