thumb|220px|Die Tel Dan-stele, wat die Huis van Dawid noem (die verligte deel regs).

Die Huis van Dawid Hebreeus: בֵּית דָּוִד, Bēt Dāvīḏ) is die linie van die Israelitiese koning Dawid. In Judaïsme is dit gebaseer op die Hebreeuse Bybel en deur die daaropvolgende eeue op latere tradisies. In die Christendom volg die Nuwe Testament die linie deur Maria en Josef tot by Jesus.

Bybelse weergawe Volgens die Bybel was Dawid, van die stam van Juda, die derde koning van die Verenigde Koninkryk Israel en Juda. Hy was aanvanklik die koning van die stam Juda en het uit Hebron regeer, maar ná sewe en 'n half jaar het die ander Israelitiese stamme, wat sonder 'n leier was ná die dood van Isboset, die seun van Saul, hom as hulle koning ook gekies.Mandel, David. Who's Who in the Jewish Bible. Jewish Publication Society, 1 Jan 2010, p. 85

Dawid is later deur sy seun Salomo opgevolg. Ná Salomo se dood het die 10 noordelike stamme die Huis van Dawid verwerp en geweier om Salomo se seun Rehabeam te aanvaar. Hulle het Jerobeam as koning gekies en die noordelike Koninkryk Israel gestig.

Die suidelike stamme van Juda en Benjamin het getrou gebly aan die Huis van Dawid en die koninkryk het bekend geword as die Koninkryk Juda. Alle daaropvolgende konings van Juda, buiten Atalia, is na bewering direkte afstammelinge van Dawid. Die koninkryk is in 587/'86 v.C. deur die Nieu-Babiloniese Ryk oorwin en hulle het hulle eie monargie in Juda gevestig wat nie beskou word as verwant aan Dawid of die stam Juda nie.

Messias In Judaïsme en die Christendom is die Huis van Dawid die stamboom waaruit die Messias deur die manlike linie afstam. In Joodse eskatologie is die Messias 'n toekomstige Joodse koning uit die linie van Dawid wat in die wêreld daarna oor die Joodse volk sal heers.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hebreeuse Bybel Kategorie:Christendom Kategorie:Geskiedenis van Israel