Hans Vonk (18 Junie 1942 – 29 Augustus 2004) was 'n Nederlandse dirigent.

Vroeë- en middeljare Vonk is gebore in Amsterdam as die seun van Franciscus Cornelis en Wilhelmina Vonk. Sy vader was 'n violis in die Koninklike Concertgebouw-orkes, en is oorlede toe Vonk drie jaar oud was. Vonk het klavier onder Jaap Spaanderman aan die Amsterdamse Konservatorium studeer, en regte aan die Universiteit van Amsterdam. In hierdie tyd het hy 'n bestaan uit optredes as jazz-pianis gemaak. Hy het later dirigeer studeer onder Hermann Scherchen en Franco Ferrara.

Vonk het as dirigent met die Nederlandse Nasionale Ballet gedebuteer. Hy is later met die ballerina, Jessie Folkerts, getroud. Hy het ook gedien as assistent-dirigent by die Konsertgebou-orkes, en assosiaat-dirigent by die Koninklike Filharmoniese Orkes, Londen.

Vonk het hoofdirigentposte beklee by De Nederlandse Opera (1976-1985), die Residentie Orkest (1980–1991) en die Nederlandse Radio-simfonieorkes. Van 1985 tot 1990 was hy hoofdirigent van beide die Staatskapelle Dresden en die Semper Oper, Dresden. In 1988 het hy gedirigeer by La Scala in Milaan in 'n herlewing van Jommelli se Fetonte, maar moes toe 'n jaar verlof neem van dirigeerwerk nadat hy gediagnoseer is met Guillain–Barré-sindroom, 'n neurologiese toestand . Hy het egter herstel en weer sy werk hervat. Hy het in 1991 hoofdirigent van die WDR Simfonieorkes, Keulen geword.

Met die SLSO In die VSA het hy sy eerste gasverskyning saam met die St. Louis Simfonieorkes (SLSO) in 1992 gemaak. In Januarie 1995 is hy aangestel as die SLSO se musiekdirekteur na Leonard Slatkin, en het die pos opgeneem in 1996. In 2001 het Vonk spierswakheid begin ervaar, wat destyds nie gediagnoseer is as 'n spesifieke kwaal nie. In 2002 het hy sy pos in St. Louis bedank weens hierdie gesondheidsprobleme, wat later as amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ook bekend as Lou Gehrig se siekte, gediagnoseer is.

Sy laaste uitvoering saam met die SLSO was Mahler se Simfonie nr. 4, op Saterdag, 4 Mei 2002. Die applous het vier minute geduurOpname in besit van Jessie Vonk. en is gevolg deur 'n lofrede wat voorgelees is deur die voorsitter van die Raad van Trustees, Virginia Weldon: "In erkenning vir sy noodsaaklike leierskap en voorbeeldige kunstenaarskap, sowel as sy blywende bydrae tot die ryk kulturele nalatenskap van beide hierdie orkes en die streek van St. Louis, is dit met groot trots en toegeneentheid dat die Raad van Trustees van die St. Louis Simfonieorkes hierdie lof toeken aan Maestro Hans Vonk, op hierdie dag, Saterdag, 4 Mei 2002, Saint Louis , Missouri." Waarop die maestro kortliks gereageer het: "Dames en here, aangesien ek 'n Amerikaanse dirigent is, is ek veronderstel om iets vir die gehoor te sê. Ek wil julle graag bedank vir julle teenwoordigheid deur hierdie ses jaar. Alles wat ek te sê het het vanaand op die verhoog gebeur.”

Die SLSO het 'n program van Hector Berlioz se Mis aan hom opgedra na sy dood.

duimnael|Graf van Hans Vonk Finale jare In Maart 2002 is Vonk aangestel as hoofdirigent van die Nederlandse Radio-simfonieorkes (NRSO). Hy was van die 2003 tot 2004 seisoen in die pos, en was die orkes se laaste hoofdirigent voordat dit ontbind is. Sy siektetoestand het hom in so 'n mate beïnvloed dat hy verskeie konserte vanaf 'n rolstoel moes dirigeer. Vonk is op 29 Augustus 2004 oorlede in sy huis in Amsterdam, en is daar ter ruste gelê onder die grafskrif (in Afrikaans):

Musiek was sy lewe.Nou bring dit onsTroos en kalmte.

Luuk Reurich het 'n biografie oor Vonk geskryf getiteld, Hans Vonk, Een dirigentenleven, wat in 2006 gepubliseer is. Vonk se opnames is onder andere verkrygbaar op die Chandos- en Denonplaatetikette, en sluit twee CD's van die Nederlandse komponis Alphons Diepenbrock se musiek in. Vonk is beskou as 'n spesialis in Bruckner se musiek en was ook 'n voorstander van Peter Schat se musiek; hy het die wêreldpremière van Schat se verhoogwerk, Houdini, gedirigeer.

duimnael|Die Hans Vonk Musiekhuis Vonk se weduwee Jessie het na sy dood na Tasmanië verhuis, waar sy die "Hans Vonk Music House" opgerig het. Dit is 'n venue vir die opvoer van kamermusiek, en is opgerig ter herinnering aan haar man.The music house high on a Spreyton hill, The Advocate, pp. 8-9, 23 Julie 2010.

Opnames Fauré & Schoenberg – Pelléas et Mélisande. Hans Vonk, St. Louis Simfonieorkes. PENTATONE PTC 5186324 (2008) Gustav Mahler – Simfonie No. 4. Hans Vonk, Esther Heideman, St. Louis Simfonieorkes. PENTATONE PTC 5186323 (2008) Mozart – Simfonie No. 40 & Beethoven – Simfonie No. 7. Hans Vonk, St. Louis Simfonieorkes. PENTATONE PTC 5186322 (2008) Beethoven – Simfonie No.1 & Brahms – Simfonie No. 4. Hans Vonk, St. Louis Simfonieorkes. PENTATONE PTC 5186318 (2007) Brahms – The Final Sessions of Hans Vonk. Nederlandse Radio-simfonieorkes. PENTATONE PTC 5186045 (2005) Brahms – Simfonie No.2 & Tragiese Ouverture. Hans Vonk, Nederlandse Radio-simfonieorkes. PENTATONE PTC 5186042 (2004)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2004 Kategorie:Nederlandse dirigente