duimnael|links|Die maand April word op 'n kalender uitgebeeld. duimnael|’n Animasie van die Maan soos dit deur sy fases beweeg, soos in 2007 gesien. Dit gebeur binne omtrent 29,5 dae en dis waar die woord maand vandaan kom
'n Maand was oorspronklik gebaseer op die tyd wat die maan neem om 'n siklus van fases te voltooi. Die kalender- of burgerlike maand het vir praktiese redes 'n heelgetal aantal dae. Daarom kan die maande nie almal eweveel dae hê nie.
Met die Gregoriaanse kalender, en ander kalendersisteme wat op die sonjaar gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat daar 12 maande in een jaar pas. Met sisteme wat op die maan gebaseer is, is die lengte van die maand sodanig dat dit sover moontlik met die sinodiese maand ooreenkom.
Maande in die Westerse jaar
Die Westerse jaar bestaan uit die volgende maande:
Maand Aantal dae Genoem na Ander name Januarie 31 die Romeinse god Janus loumaand, ysmaand, wolfsmaand, hardmaand Februarie 28 of 29By 'n hoe uitsondering het self 'n 30 Februarie voorgekom die Etruskiese god Februus sprokkelmaand Maart 31 die Romeinse god Mars lentemaand April 30 aperire ( = open in Latyn) grasmaand Mei 31 die Griekse godin Maia bloeimaand, wonnemaand, Mariamaand Junie 30 die Romeinse godin Juno somermaand, weidemaand Julie 31 die Romeinse veldheer Julius Caesar hooimaand Augustus 31 die Romeinse keiser Augustus Octavianus oogstmaand September 30 Latyn vir sewende maand herfsmaand Oktober 31 Latyn vir agtste maand wynmaand, saaimaand November 30 Latyn vir negende maand slagmaand Desember 31 Latyn vir tiende maand wintermaand, feesmaand, kersmaand
By die aanduiding van 'n tydsduur kan dit verwarrend wees omdat die lengte van 'n maand kan wissel van 28 tot 31 dae. 'n Stelling soos "2 maande en 20 dae" is darem onakkuraat in terme van aantal dae, tensy dit duidelik is op watter datum dié periode eindig. Bowendien kan "2 maande en 20 dae" plus "3 maande en 15 dae" byvoorbeeld "6 maande en 5 dae" wees, maar ook "6 maande en 4 dae". Selfs by 'n gegewe begindatum kan die uitkoms ook anders wees by verwisseling van die twee terme ("3 maande en 15 dae" plus "2 maande en 20 dae").
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Eenhede van tyd