Ornithogalum inclusum is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Asparagaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Doornriviervallei noordoos van Clanwilliam voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 32 km² en daar is net een populasie. Die spesie word bedreig deur gewasverbouing, oorbeweiding en die kweek van rooibostee.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

inclusum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika