Nota: Hierdie artikel handel oor die veesiekte. Vir die nedersetting in die Noord-Kaap, sien Hartswater.
duimnael|Aanduiding van opgehoopte vloeistof rondom die hart Hartwater is 'n veesiekte wat hoofsaaklik onder skape, beeste en bokke voorkom, asook sommige wildeherkouers bv. springbokke, en veroorsaak word deur die mikroörganisme Ehrlichia ruminantium. Die siekte kom net in Afrika voor, hoofsaaklik in die oostelike gedeelte van Suid-Afrika vanaf die Limpopo-provinsie, suidwaarts tot by Mosselbaai in die warm en klam laeveld- of bosveldgebiede.
Die oorsakende organisme word deur die bontbosluis, Amblyomma hebraeum oorgedra. In die natuur word besmetting slegs deur die nimf- en volwasse stadium van die bosluis oorgedra. Die siekte word algemeen gekenmerk deur ‘n hoë koors, senuweesimptome en 'n versameling van vloeistof rondom die hart, in die borsholte, longe en brein. Dit lei meestal tot die dood van die dier.
'n Dosis van tetrasiklien antibiotika word teen die veroorsakende organisme, E. ruminantium, 'n bakterie uit die orde Rickettsiales, gebruik.
Verwysings
Bronne Hartwater Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Veesiektes