Die voedingsfeite-etiket (ook bekend as die voedingsinligtingpaneel, en ander geringe variasies) is ‘n etiket wat op die meeste verpakte voedsel in baie lande vereis word, wat wys watter voedingstowwe en ander bestanddele (om te beperk en genoeg van te kry) in die kos is. Etikette is gewoonlik gebaseer op amptelike voedingsgraderingstelsels.

Die meeste lande stel ook algemene voedingsgidse vir algemene opvoedkundige doeleindes vry. In sommige gevalle is die gidse gebaseer op verskillende dieëtdoelwitte vir verskeie voedingstowwe en ook as die etikette op spesifieke voedselsoorte.

Voedingsfeite-etikette is een van baie soorte voedseletikette wat deur regulasies vereis word en deur vervaardigers toegepas word. Hulle is vir die eerste keer in 1994 in die VSA en in 1996 in die Verenigde Koninkryk bekendgestel.

Suid-Afrika Om Suid-Afrikaners te help om uit te vind watter kosse ongesond is wanneer hulle inkopies doen, het die Suid-Afrikaanse Ministerie van Gesondheid in April 2023 konsepvoedseletiketteringsregulasies gepubliseer. Dit sal 'n nuwe etiketteringskema instel, advertering van ongesonde kosse beperk en die gebruik van misleidende gesondheidsaansprake. Die konsepregulasies stel duideliker voedseletikette voor, wat 'n nuwe driehoek insluit wat beklemtoon dat die kos bestanddele bevat wat ongesond is. Hierdie logo's sal op die voorkant van 'n produk geplaas word.All Africa, Clearer Food Labels to Help South Africans Make Healthier Choices, Besoek 19 November 2023, https://allafrica.com/view/group/main/main/id/00087592.html .

Australië en Nieu-Seeland Australië en Nieu-Seeland gebruik 'n voedingsinligtingpaneel van die volgende formaat: + VOEDINGSFEITE INFORMASIEPorsie per pakings:

Porsie grootes: gHoeveelheid per porsieHoeveelheid per 100 g Energie 0 kJ (Cal) Proteien 0 g Vet, totaal 0 g Versadigde - vette 0 g Koolhidrate g g   - suikers g g Sodium mg mg

Ander items word ingesluit soos toepaslik,en die eenhede kan gevarieër word soos nodig (bv. vervang mg vir g, of mol vir mg in die ‘Natrium’-ry). In April 2013 het die Nieu-Seelandse regering reëls ingestel oor algemene aansprake wat op voedselverpakking gemaak moet word, soos ‘laag in vet. In Junie 2019 het die Voedselregulasiestaande Komitee (VRSK) 'n prentbenaderings voorgestel om die hoeveelheid suikers en /of bygevoegde suiker in ‘n porsie voedsel oor te dra. ‘n Eksperiment het getoon dat die etikettering van suiker-teelepels die voorneme om suikerversoete drankies te koop, verminder het.

Kanada duimnael|'n Kanadese voedingsetiket wat inligting in beide Engels en Frans vertoon. In Kanada is 'n gestandaardiseerde "Voedingsfeite"-etiket ingestel as deel van regulasies wat in 2003 goedgekeur is, en het verpligtend geword vir die meeste voorverpakte voedselprodukte op 12 Desember 2005. (Kleiner besighede is tot 12 Desember 2007 gegee om die inligting beskikbaar te stel. In ooreenstemming met voedselverpakkingswette in die land, moet alle inligting, insluitend die voedingsetiket, in beide Engels en Frans, die land se twee amptelike tale, geskryf word. Die provinsie Québec het spesifieke vereistes met betrekking tot tweetalige verpakking, veral dat die Franse taal die prominente taal op produketikette moet wees.

Kanadese regulasie beheer streng die wyse waarop die voedingsfeitetabel-data uiteengesit word. Daar is 'n verskeidenheid moontlike formate vir gebruik op 'n gegewe kosverpakking. ’n Hiërargie word gebruik om tussen die formate te kies (28 hoofformate, en 2–7 subformate vir elk). Dit lei daartoe dat standaard (vertikale) formate oorweeg word vir gebruik voor horisontale en lineêre formate. Die seleksiehiërargie laat die voedingsfeitetabel ook toe om nie meer as 15% van die fisiese pakket se beskikbare vertoonarea te beslaan nie, maar om nooit kleiner te wees as 'n formaat wat minder as 15% van vertoonarea sal wees nie. In die praktyk kan die bepaling van die vertoonarea van 'n pakket, en die keuse van die toepaslike voedingsfeitetabel -formaat, 'n gedetailleerde berekening wees.

China links|duimnael|'n Voorbeeld van 'n Chinese voedingsfeite-etiket. In 2011 het die Chinese Ministerie van Gesondheid die nasionale voedselveiligheidstandaard vir voedingsetikettering van voorverpakte voedsel (GB 28050-2011) vrygestel. Die kernvoedingstowwe wat op 'n etiket moet wees, is: proteïen, vet, koolhidrate en natrium. Energie word in kJ aangeteken. En alle waardes moet per 100g/100ml wees.

Europese Unie en Verenigde Koninkryk duimnael|'n Seldsame voorbeeld van opsionele voedingsfeite op 'n etiket vir lemoene (in die EU nie verpligtend vir onverwerkte vrugte nie). Die Verenigde Koninkryk het in 1996 ‘n “riglyn vir daaglikse Innames ingestel”. Hierdie stelsel is in die Europese Unie aangeneem en het ander lande se voorbeeld gevolg.

Dit is gereguleer deur die Kommissie Raad van 2008/100/EG van 28 Oktober 2008 tot wysiging van die Raad se Riglyn- 90/496/EEG oor etikette vir voedsel met betrekking tot aanbevole daaglikse toelaes, energie-omskakelings faktore en definisies. 'n Nuwe regulasie is nou van krag (Regulasie 1169/2011) name="Reg1169"> Voedingswaarde-etikettering word vanaf Desember 2016 verpligtend vir die meeste vooraf verpakte voedsel.

In die Europese Unie word die inligting (gewoonlik in paneel formaat) volgens die "ou" reëls (Direktief 90/496, gewysig) meestal gemerk as "Voedingswaarde" (of ekwivalent in ander EU-tale). 'n Voorbeeld word onderaan getoon. Die paneel is opsioneel, maar indien voorsien, moet die voorgeskrewe inhoud en formaat gevolg word. Dit sal altyd waardes gee vir 'n vasgestelde hoeveelheid—100 g (3,5 oz) of 100 ml (3,5 imp fl oz; 3,4 US fl oz) van die produk—en dikwels ook vir 'n gedefinieerde "porsie", as 'n opsie. Eerstens kom die energiewaardes, in beide kilokalorieë en kilojoules.

Dan sal 'n uiteensetting van samestellende elemente volg: gewoonlik die meeste of al die proteïene, koolhidrate, stysel, suiker, vet, vesel en natrium. Die "vet" syfer sal waarskynlik verder afgebreek word in versadigde en onversadigde vette, terwyl die "koolhidraat" syfer waarskynlik 'n subtotaal vir suikers sal gee. Met die "nuwe" reëls is die verpligte inligting: energie, vet, versadigde, koolhidrate, suikers, proteïene en sout, in daardie spesifieke volgorde, met opsies om hierdie lys uit te brei na: mono-onversadigde, poli-onversadigde, poliole, stysel, vesel , en vitamiene en minerale.

Met betrekking tot gesondheidsaansprake en voedingseise (samestellings) is dit in die EU geharmoniseer deur Regulasie 1924/2006, soos gewysig. In November 2012 het die Europese Kommissie twee nuwe regulasies gepubliseer: Regulasie (EG) No. 1047/2012 en Verordening (EG) No.1048/2012. Sekere voedingseisgroepe soos in Regulasie (EG) No 1924/2006 moes verander word. Boonop is die gesondheidseise wat met gars-beta-gluten geassosieer word, gewysig (bv. verlaging van bloedcholesterol).Commission Regulation (EU) No 1047/2012 , European Commission, 8 November 2012, Besoek 7 April 2015Commission Regulation (EU) No 1048/2012 , European Commission, 8 November 2012, Besoek 7 April 2015

Binne Regulasie 1924 is daar wetlike definisies van terme soos "lae vet", "hoë vesel", "verminderde kalorieë".

Alle gesondheidsaansprake is in die Europese Unie geharmoniseer. Hulle kan gebruik word as hulle deur EFSA goedgekeur is. Die lys van goedgekeurde en afgekeurde eise is op hulle nasionale gesondheids webwerf beskikbaar.

Indien die volledige voedingsinligting op die pakkie gewys word, kan addisionele voedingsinligting en formate (bv. 'n verkeersliggraderingstelsel) ingesluit word, dit val buite die bestek van regulasie.

Die Verenigde Koninkryk-regulasies word voorgehou in Bylaes 6 en 7 van die Voedseletiketteringsregulasies van 1996.

Brexit Vanweë Brexit sal die wetgewing in Groot Brittannië afwyk van die standaarde wat in die EU gebruik word. Op 7 September 2022 is die invoer van hierdie veranderinge uitgestel tot 1 Januarie 2024. In Augustus is die eerste etitekke wat "not for EU" lui, in die winkels in Noord-Ierland gesien. Vanaf Oktober 2023 word dit vir alle vleis en sommige melkprodukte verplig en die res van die veranderinge sal in twee fases tot en met Julie 2025 plaasvind.

Hongkong In Hongkong is voedingsfeite etikette se reguleering by die subsidiêre wetgewing van Kos en Medikasie (Samestelling en Etikettering) (Wysiging: Vereistes vir Voedingsetikettering en Voedingseise) Regulasie 2008.

Indië In Indië het die Ministrie van Gesondheid en Gesinswelsyn op 19 September 2008, die Voorkoming van Voedselvervalsing (5de Wysiging) Reëls, in werking gestel. Dit het verpakte voedselvervaardigers verplig om voedingsinligting en ‘n logo van die F.P.O of Agmark op hul produketikette aan te bring (Maatskappye wat verantwoordelik is vir die nagaan van voedselprodukte) om verbruikers in staat te stel om ingeligte keuses te maak terwyl hulle die item aankoop. Voor hierdie wysiging was die bekendmaking van voedingsinligting grootliks vrywillig, baie groot vervardigers was geneig om die internasionale praktyk te volg.

Meksiko Voedselprodukte wat in Meksiko verkoop word gebruik die "Información nutrimental” produk se etiket-standaarde, baie soortgelyk aan “Voedings Feite” in die VSA. Die amptelike Meksikaanse standaard is deur die Meksikaanse sekretaris van handel en industriële promosie geskep, wat nou deel van die Sekretaris van Ekonomie uitmaak. Dit het op 24 Januarie 1996 in werking getree en definieër die “algemene spesifikasie vir etikettering van voedsel en gebottelde alkohol-vrye drankies”.

Singapoer In 1998 is die vrywillige Healthier Choice Simbool-stelsel geskep in Singapoer deur die nasionale Gesondheidsbevorderingsraad (GBR) om verbruikers in staat te stel om ingeligte voedselkeuses te maak terwyl hul kruideniersware inkopies doen. Hierdie stelsel is in 2003 na voedseloperateurs uitgebrei, wat hulle in staat gestel het om die simbool langs die geregte wat aan sy kriteria voldoen, op die spyskaart te vertoon. In 2020 het die HPB, saam met sy ouerministerie, Ministerie van Gesondheid, ‘n nuwe verpligte graderingstelsel, Nutri-Grade vir voorafverpakte drankies, ingestel, wat die Gesonder Keuse-simbool vervang het om vetsug te bekamp. Die Nutri-graad-stelsel is gebaseer op die suiker- en versadigde vetinhoud in drankies, en het vier graderingsvlakke. Dit is in Desember 2022 afgedwing en sou teen die einde van 2023 op vars voorbereide drankies geplaas word.

Verenigde State

In die Verenigde State lys die voedingsfeite-etiket die daaglikse waarde (%DW) of die persentasie wat in 'n porsie of 'n hele verpakking verskaf word wat aanbeveel word om nagekom te word of nie te oorskry nie in die daaglikse Amerikaanse dieet. 'n Voetnoot op die etiket dui aan dat die % Daaglikse Waarde (DW) verwys na die persentasie wat elke voedingstof "bydra tot 'n daaglikse dieet" en dat `n "2 000 kalorieë dieet per dag vir algemene voedingsadvies gebruik word."