Natriumnitriet is die sout van natrium en salpterigsuur. Dit het die chemiese formule .

Kristalstruktuur Onder 158 °C kristalliseer dit in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die F5-struktuurtipe van die strukturbericht-klassifikasie is. In hierdie fase is die dipoolmomente van die nitrietione spontaan in die rigting van die b-as georden. Teen 158 °C vind 'n faseoorgang van tweede orde plaas. Die dipole word wanordelik en die stof paraelektries. Die ruimtegroep word Immm (71).

Chemiese eienskappe Wanneer lood by gesmelte natriumnitraat gevoeg word, reduseer die lood die nitraat- tot nitrietione en word loodoksied en natriumnitriet gevorm. Die loodoksied is nie oplosbaar in water nie, maar die nitriet is en kan dus daardeur geskei word:

Gebruike Dit word gebruik in hitte-oordragsoute, metaalbehandeling en afwerking, as 'n kleurfixeermiddel, as preserveermiddel vir vleis en vis, in farmaseutiese produkte en as 'n teenmiddel vir sianiedvergiftiging.

Verwysings

Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 71 Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van natrium