duimnael|Die skedels van slagoffers van die Rwandiese volksmoord

Kulturele volksmoord ([kɵltyː'rɪələ 'folksmʊərt]) is die opsetlike vernietiging van die kultuur van 'n groep mense. Die begrip is in 1944 vir die eerste keer deur die Poolse prokureur Raphael Lemkin beskryf. Die misdaad word meestal uitgevoer met gedwonge kulturele assimilasie, vernietiging van artefakte of plekke van kulturele betekenis, gedwonge linguistiese assimilasie, gedwonge verplasing van 'n groep se kulturele tuisland en gedwonge oordrag van kinders van een groep na 'n ander groep.Cultural Genocide: Legal Label or Mourning Metaphor? McGill Law Journal, lawjournal.mcgill.ca Dit word gedoen met die doel om 'n groep se geskiedenis en kultuur te vernietig, asook om enige spoor van 'n groep te vernietig (gewoonlik in gevalle waar dit saam met 'n fisiese volksmoord uitgevoer word).

Die presiese omskrywing van kulturele volksmoord bly betwis, en die Volksmoordkonvensie van 1948 sluit dit nie in nie. Die vernietiging van kultuur word wel deur ander internasionale verdrae as oorlogsmisdaad hanteer.

Onder ander moontlike redes kan kulturele volksmoord om godsdienstige redes gepleeg word, as deel van 'n etniese suiweringsveldtog (om bewyse van 'n volk se bestaan op 'n sekere plek of gedurende 'n spesifieke tydperk van die geskiedenis uit te wis, of om bewyse van hulle bestaan heeltemal uit te wis), of met die doel om 'n "Jaar Nul" te implementeer, waarin die verlede en alle kulture daarin "teruggestel" word. Gevalle in Europa, Asië, Oseanië en Amerika is al as kulturele volksmoord beskryf.

Definisie duimnael|Foto's voor en ná die vernietiging van een van die Boeddhas van Bamiyan, wat die Taliban-regime in Afghanistan in 2001 opgeblaas het Dade van kulturele vernietiging word dikwels kulturele volksmoord genoem, maar iets is slegs 'n kulturele "volksmoord" as dit doelbewus daarop gerig is om 'n kultuur te vernietig. Andersins is dit net die vernietiging van kultureel belangrike artefakte.

Die Armeense Volksmoordmuseum omskryf die begrip as "dade en maatreëls wat onderneem word om nasies of etniese groepe se kultuur deur geestelike, nasionale en kulturele vernietiging te vernietig", wat in wese op dieselfde neerkom as etnosied. Sommige etnoloë, soos Robert Jaulin, gebruik etnosied in die plek van kulturele volksmoord, hoewel daardie gebruik gekritiseer is omdat dit die gevaar inhou dat etnisiteit en kultuur met mekaar verwar word. Die twee terme is in die verlede in verskillende kontekste gebruik. Kulturele volksmoord sonder etnosied is denkbaar wanneer 'n eiesoortige etniese identiteit behou word maar eiesoortige kulturele elemente uitgewis word.

Vakkundiges gebruik die term kulturele selfmoord vir gevalle waarin inheemse volke gedwing is om hulle kulturele en godsdienstige tradisies oënskynlik vrywillig op te gee in ruil vir noodsaaklike militêre hulp van koloniale moondhede. Die bondgenootskap wat die Spanjaarde en die Seminole aan die begin van die 18de eeu gesluit het, en waarvan die doop van inheemse mense een van die voorwaardes was, is so 'n geval.Justice, Daniel Heath. "Go Away, Water!: Kinship Criticism and the Decolonization Imperative", Reasoning Together, University of Oklahoma, 2008, pp. 149-150.

Geskiedenis van die term Die term kulturele volksmoord (wat 'n letterlike vertaling van "cultural genocide" is) is saam met volksmoord deur Raphael Lemkin geskep, wat dit in Axis Rule in Occupied Europe (Engels vir Spilmoondhede se bewind in besette Europa) gebruik het om die gruwels van die Holocaust te beskryf. Die vernietiging van kultuur het in Lemkin se eie omskrywing van volksmoord sentraal gestaan, en hy het die term in dieselfde boek geskep waarin hy die woord volksmoord geskep het. Lemkin het reeds in 1933 en weer in 1944 'n kulturele komponent van volksmoord onderskei.Raphael Lemkin, Acts Constituting a General (Transnational) Danger Considered as Offences Against the Law of Nations (1933); Raphael Lemkin, Axis Rule in Occupied Europe, p. 91 (1944).

In 1989 het Robert Badinter, 'n Franse strafregadvokaat wat vir sy standpunt teen die doodstraf bekend was, die term "kulturele volksmoord" op 'n televisieprogram in die teenwoordigheid van die 14de Dalai Lama gebruik om te beskryf wat volgens hom die verdwyning van die Tibettaanse kultuur was. Die Dalai Lama het die term later in 1993 en weer in 2008 gebruik.

Voorstelle by die Verenigde Nasies Kulturele volksmoord is oorspronklik in die konsepweergawes van die Volksmoordkonvensie van 1948 ingesluit.Sien Prosecutor v. Krstic, saak nr. IT-98-33-T (Internasionale Straftribunaal vir die voormalige Joego-Slawië, Verhoorkamer, 2001), par. 576. Volksmoord is daar omskryf as die vernietiging van 'n groep se taal, godsdiens of kultuur deur een van verskeie metodes. Die opstelkomitee het daardie omskrywing met 25 stemme teen 16, met 4 onthoudings, verwerp.

Die Verenigde Nasies was ook oorspronklik van plan om kulturele volksmoord in die Verenigde Nasies se Verklaring oor die Regte van Inheemse Volke te omskryf, maar het die begrip later daaruit verwyder. Artikel 7 van die 1994-konsep van die verklaring gebruik die uitdrukking "kulturele volksmoord" sonder om te sê wat daarmee bedoel word.Draft United Nations declaration on the rights of indigenous peoples, opgestel deur die Subkommissie oor die Voorkoming van Diskriminasie en die Beskerming van Minderhede en op 26 Augustus 1994 aan die Kommissie vir Menseregte en die Ekonomiese en Sosiale Raad voorgelê. Volgens die konsep het inheemse volke die kollektiewe en individuele reg om nie aan etnosied en kulturele volksmoord onderwerp te word nie, met inbegrip van die voorkoming van en regstelling vir enige handeling wat hulle van hulle integriteit as eiesoortige volke, van hulle kulturele waardes of van hulle etniese identiteit beroof; enige handeling wat hulle van hulle grond, gebiede of hulpbronne ontneem; enige vorm van bevolkingsoordrag wat enige van hulle regte skend of ondermyn; enige vorm van assimilasie by of integrasie in ander kulture of lewenswyses wat deur wetgewende, administratiewe of ander maatreëls op hulle afgedwing word; en enige vorm van propaganda wat teen hulle gerig is.

Dié woorde het net in die konsep gestaan. Die verklaring wat die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies op 13 September 2007 by die VN-hoofkwartier in New York aangeneem het, verwys net een keer na volksmoord, waar artikel 7 van "volksmoord, of enige ander daad van geweld" praat. Hoewel die begrippe "etnosied" en "kulturele volksmoord" uit die aangenome weergawe verwyder is, is die onderafdelings van die konsep in effens uitgebreide vorm in artikel 8 behou, wat die reg vestig om nie tot assimilasie gedwing te word nie.

Verhouding tot volksmoord Die Verenigde Nasies, die enigste entiteit met die mag om sy definisie van kulturele volksmoord af te dwing, beskou kulturele volksmoord nie as volksmoord in die sin van die Volksmoordkonvensie van 1948 nie:Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide, Die Verenigde Nasies, un.org

Hoewel dit nie ingevolge die Konvensie as volksmoord kwalifiseer nie, word die kwessie in verskeie internasionale verdrae aangeraak, waaronder die Geneefse konvensies en die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof, wat oorlogsmisdade omskryf wat met die vernietiging van kultuur gepaardgaan.

In die internasionale reg

Al die volgende dade van kulturele volksmoord word deur die internasionale reg verbied, baie van hulle reeds voor die Tweede Wêreldoorlog deur die 1907 Konvensie oor die Wette en Gewoontes van Oorlog op Grond.

Die vernietiging van kulturele eiendom Die uitwissing van enige kulturele artefakte (soos boeke, kunswerke, strukture en plekke) word verbode.Convention (IV) respecting the Laws and Customs of War on Land and its annex: Regulations concerning the Laws and Customs of War on Land. The Hague, 18 October 1907., Die Haag, icrc.orgTreaty on the Protection of Artistic and Scientific Institutions and Historic Monuments (Roerich Pact). Washington, 15 april 1935. Die Internasionale Rooi Kruis, icrc.org Hierdie dade vernietig die fisiese geskiedenis van 'n groep, wat dit vir lede van die groep moeilik maak om met hulle verlede te skakel, en bewyse daarvan verwyder.

Die vernietiging van ontasbare kulturele erfenis Die onderdrukking van 'n groep se taal en kulturele aktiwiteite sowel as ander dade van gedwonge assimilasie word as dade van kulturele volksmoord beskou en word dus ook verbode.International Covenant on Civil and Political Rights, die Verenigde Nasies, ohchr.orgInternational Convention on the Suppression and Punishment of the Crime of Apartheid, die Verenigde Nasies, un.orgConvention on the Rights of the Child, die Verenigde Nasies, ohchr.orgThe Rome Statute of the International Criminal Court, die Verenigde Nasies, icc.cpi.intLa Convention Pour la Sauvegarde du Patrimoine Culturel Immatériel, UNESCO, ich.unesco.org Hierdie handelinge skei 'n groep van sy kultuur en laat dus die mense binne die groep al hoe minder met die kultuur verbind voel, wat kulturele dood veroorsaak.

Gevalle wat as kulturele volksmoord beskryf is Die term is gebruik om die vernietiging van kulturele erfenis in verband met 'n verskeidenheid gebeurtenisse te beskryf, waarvan die meeste in die 20ste eeu voorgekom het.

Europa duimnael|Duitse magte plunder Poolse kunswerke in die Zachęta-gebou tydens die besetting van Pole, 1944 Die historikus Stephen Wheatcroft meen die Sowjetboerestand is tydens die skepping van die "nuwe Sowjetmens" aan kulturele vernietiging onderwerp,Wheatcroft, Stephen G. The Complexity of the Kazakh Famine: Food Problems and Faulty Perceptions. en Lynne Viola beskryf die kollektivisering van die landbou in die Sowjetunie op 'n soortgelyke manier en merk 'n opvallend koloniale karakter in die projek op.

Tydens die volksmoord op die Tsjetsjene en Ingoesje in 1944 het Sowjetmagte byna al die bestaande letterkunde in die Tsjetsjeense en Ingoesjiese tale vernietig en baie Tsjetsjeense en Ingoesjiese kultuurplekke en artefakte beskadig of vernietig, waaronder torings in die hoogland wat gebou is om Mongoolse invalle in die 13de eeu te weerstaan. Tsjetsjeense en Ingoesjiese grafstene is vernietig, en toe die Tsjetsjene en Ingoesje 'n dekade later na hulle tuistes kon terugkeer, is hulle verbied om hulle in hulle voorvaderlike berggebiede te vestig.

Die beleid van die Spilmoondhede, hoofsaaklik Nazi-Duitsland, teenoor sommige nasies tydens die Tweede Wêreldoorlog word ook kulturele volksmoord genoem, soos die Duitse besetting van Pole en die vernietiging van die Poolse kultuur wat daarmee saamgegaan het.CGS 1st Workshop: "Cultural Genocide" and the Japanese Occupation of Korea, Universiteit van Tokio (argief).

Nazimagte het tydens die inval in Joego-Slawië in 1941 kulturele volksmoord teen Serwiese kultuurskatte gepleeg. Op Adolf Hitler se regstreekse bevel is die Nasionale Biblioteek in Belgrado gebombardeer en het duisende waardevolle dokumente verbrand. Baie ander kultuurinstellings en monumente is geplunder.

In die Bosniese Oorlog is kulturele volksmoord tydens die beleg van Sarajevo deur Bosnies-Serwiese magte gepleeg. Die Nasionale en Universiteitsbiblioteek van Bosnië en Herzegowina is doelbewus uitgesonder en met kanonne rondom die stad bestook. Die gebou is heeltemal in die brand verwoes, saam met 80% van sy inhoud. Sowat 3 miljoen boeke het verlore gegaan, asook honderde oorspronklike dokumente uit die Ottomaanse Ryk en die Oostenryks-Hongaarse monargie.

Ná die onrus in Kosovo in 2004 het die buitengewone sitting van die uitgebreide byeenroeping van die Heilige Sinode van die Serwies-Ortodokse Kerk op 18 Maart 'n dringende beroep uitgereik waarin gemeld is dat 'n aantal Serwiese kerke en heiligdomme in Kosovo deur Albanese oproermakers beskadig of vernietig is. Minstens 30 plekke is heeltemal of gedeeltelik vernietig, en plekke wat reeds vroeër beskadig is, is verder vernietig.