Die Turkmeense Sosialistiese Sowjetrepubliek (Turkmeens: Түркменистан Совет Социалистик Республикасы, Türkmenistan Sowet Sotsialistik Respoeblikasi; Russies: Туркменская Советская Социалистическая Республика, Toerkmenskaja Sowetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook genoem Turkmenistan of Turkmenië, was een van die republieke van die Sowjetunie. Dit is aanvanklik op 7 Augustus 1921 gestig as die Turkmeense Oblast. Op 13 Mei 1925 is dit omskep in die Turkmeense SSR en het dit ’n aparte republiek van die Sowjetunie geword. In 1991 het die Turkmeense SSR onafhanklik geword en is dit hernoem tot Turkmenistan.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Turkmen Soviet Socialist Republic

Kategorie:Republieke van die Sowjetunie Kategorie:Turkmenistan