Die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Georgies: საქართველოს საბჭოთა სოციალისტური რესპუბლიკა, Sak'art'velos Sabčota Soc'ialisturi Respublika; Russies: Грузинская Советская Социалистическая Республика, Groezinskaja Sowjetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Georgiese SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.

Dis op 25 Februarie 1921 gestig as die Georgiese SSR. Van 12 Maart 1922 tot 5 Desember 1936 was dit saam met die Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek en die Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek deel van die Transkaukasiese SFSR. In 1936 is laasgenoemde ontbind. Onder die bewind van Josef Stalin is baie Georgiërs tereggestel.

Op 28 Oktober 1990 is demokratiese parlementêre verkiesings gehou en op 15 November is die land hernoem tot die Republiek van Georgië. Die land het hom op 9 April 1991 onafhanklik verklaar, maar is eers in September van dié jaar deur die Sowjetunie erken.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Georgian Soviet Socialist Republic

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Georgië Kategorie:Republieke van die Sowjetunie