duimnael|Die Waldense simbool Lux lucet in tenebris ("'n Lig skyn in die donker") Die Waldense (Frans: Vaudois) is die naam van 'n Christen geestelike beweging van die laat Middeleeue waarvan nasate nog in verskeie streke voorkom. Mettertyd het die denominasie by die Geneefse of Hervormde tak van die Protestantisme aangesluit.

Min is bekend oor die vroeë geskiedenis van die Waldense as gevolg van 'n gebrek aan bronmateriaal.Mennonite Encyclopedia, Vol. 4, pp. 874-876 Hulle is voor die 16de eeu as ketters vervolg en is byna uitgewis in die 17de eeu, en het daarna vir eeue te staan gekom teen georganiseerde en algemene diskriminasie.Neff, Christian en Harold S. Bender. "Waldenses." Global Anabaptist Mennonite Encyclopedia. 1959. American Waldensian Society Daar is aktiewe gemeentes in Europa, Suid-Amerika, en Noord-Amerika. Eietydse en historiese Waldensiese geestelike erfenis sluit in die verkondiging van die Evangelie, diens aan die gemarginaliseerdes, bevordering van maatskaplike geregtigheid, inter-godsdienstige werk en die voorstaan van respek vir godsdienstige diversiteit en gewetensvryheid.waldensian.org

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Christendom in Europa Kategorie:Christendom in Frankryk Kategorie:Christendom in Italië Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Geskiedenis van Italië Kategorie:Protestantisme Kategorie:Religieuse geskiedenis