TSV Buchbach is 'n sportklub uit Buchbach in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir tennis, gimnastiek, ski en ysbal.

Die klub is oorspronklik in 1913 gestig as Turnverein Buchbach, maar die klub het eers in 1930 'n sokkerafdeling gekry. In 1945 is die klub deur die Geallieerdes ontbind en in 1946 is dit herstig met die huidige naam.

Die klub het bekendheid verwerf deurdat dit die Duitse rekordhouer is vir die meeste amptelike wedstryde sonder 'n nederlaag, naamlik 75. Die rekord is behaal tussen 19 Augustus 1995 en 23 Mei 1998.

Onlangse ligaposisionering 1998-99 (VIII) Kreisliga 1ste 1999-00 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 9de 2000-01 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 2de 2001-02 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 5de 2002-03 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 2de 2003-04 (VI) Bezirksoberliga Oberbeiere 1ste2004-05 (V) Landesliga Suid 12de 2005-06 (V) Landesliga Suid 6de 2006-07 (V) Landesliga Suid 5de 2007-08 (V) Landesliga Suid 1ste 2008-09 (V) Oberliga Beiere

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Beiere 2008/09-seisoen TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - TSV Buchbach - SpVgg Bayreuth - FSV Erlangen-Bruck - VfL Frohnlach - FC Ingolstadt 04 II - SpVgg Beiere Hof - TSV 1896 Rain - FC Memmingen - FC Ismaning - SV Seligenporten - 1. FC Schweinfurt 05 - TSG Thannhausen - Würzburger Kickers - SpVgg Weiden - Würzburger FV

Buchbach SV