Die Drie Wette van Robotika (dikwels verkort na Die Drie Wette of Asimov se Wette) is 'n stel reëls wat deur wetenskapfiksie skrywer Isaac Asimov uitgedink is, wat in verskeie van sy verhale deur robotte gevolg sou word. Die reëls is in sy 1942 kortverhaal "Runaround" (insluitend in die 1950 versameling I, Robot) bekendgestel, hoewel soortgelyke beperkings in vroeëre verhale geïmpliseer is.
Die Wette Die Drie Wette, aangebied om uit die fiktiewe "Handbook of Robotics, 56th Edition, 2058 A.D." te kom, is: Die Eerste Wet: 'n Robot mag nie 'n mens beseer of, deur gebrek aan optrede, toelaat dat 'n mens skade aangedoen word nie. Die Tweede Wet: 'n Robot moet die bevele gehoorsaam wat deur mense gegee word, behalwe waar sulke bevele in stryd is met die Eerste Wet. Die Derde Wet: 'n Robot moet sy eie bestaan beskerm solank sodanige beskerming nie met die Eerste of Tweede Wet bots nie.
Verwysings
Kategorie:Robotika