KV55 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1907 deur Edward R. Ayrton ontdek terwyl hy uitgrawings gedoen het vir die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis.

Eienaar thumb|160px|Die ontsierde gesig in KV55 van naby. Daar word al lank gegis die liggaam wat in die grafkamer gekry is, is dié van farao Achenaten, wat die hoofstad na Achetaten (hedendaagse Amarna) geskuif en die aanbidding van meer as een god verbied het, maar dit word ook betwis. Die resultaat van genetiese en ander wetenskaplike toetse wat in Februarie 2010 gepubliseer is, het bevestig dat die persoon wat daar begrawe is beide die seun van Amenhotep III en die vader van Toetankamen is. Verder het die ondersoek bepaal die ouderdom van die persoon met sy dood stem ooreen met dié van Achenaten; dus is dit amper vir seker sy liggaam.Hawass, Zahi et al. "Ancestry and Pathology in King Tutankhamun's Family" The Journal of the American Medical Association (2010) p. 644 Geskrifte wat die ouderdom van die mummie en die identifikasie daarvan as dié van Achenaten betwis, het egter gou daarna begin verskyn.Strouhal, E. "Biological age of skeletonized mummy from Tomb KV 55 at Thebes" in Anthropologie: International Journal of the Science of Man Vol 48 Issue 2 (2010), pp. 97–112.Nature 472, 404–406 (2011); Aanlyn gepubliseer op 27 April 2011; Oorspronklike skakel

Beide die grafkelder se geskiedenis en die identiteit van sy inwoner is problematies. Daar word aangeneem dit is die wegsteekplek en 'n plek vir die herbegrafnis van koninklike mummies uit die laat 18de Dinastie. Dit is vermoedelik daarheen geskuif nadat Amarna sy status as hoofstad verloor het en die koninklike nekropolis daar gesloop is. Die artefakte wat ontdek is, dui ook daarop dat meer as een persoon daar herbegrawe is: óf op een tyd óf oor 'n tydperk. Koningin Tije word dikwels in dié verband genoem.

Dit is ook duidelik dat iemand die graf later binnegegaan het, byna vir seker tydens die 20ste Dinastie. In dié tyd sou enige moontlike bykomende mummies verwyder en dalk na KV35 verskuif gewees het, terwyl die oorblywende mummie en artefakte geskend is.

Ligging en voorkoms thumb|300px|links|Uitleg van die grafkelderA – IngangB – GangJ – GrafkamerJa – (onvoltooide) sykamer KV55 is 'n relatief klein, onversierde grafkelder met net een kamer. Dit is altesaam net 27,61 meter lank. Dit lê in die sentrale deel van die vallei, reg langs en onder KV6 (Ramses IX) en aan die ander kant van die valleibodem as KV7 (Ramses II) en KV62 (Toetankamen).

Dit lyk of die grafkelder onvoltooi is. In die suidemuur is 'n klein nis, die begintekens van die bou van 'n onvoltooide sykamer, asook tekens dat nog 'n kamer beplan is. As dit voltooi was, sou die uitleg soos dié van Toetankamen se grafkelder gewees het. Dié plan laat dit lyk of KV55, nes KV62, aanvanklik as 'n privaat begraafplek bedoel was en eers later as 'n koninklike begraafplek oorgeneem is.Reeves, N., Wilkinson, R.H., The Complete Valley of the Kings, (Thames & Hudson. 1997), p. 121

Daar word dikwels na KV55 as die "Amarna-wegsteekplek" verwys.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Vallei van die Konings