duimnael|Stefaans Coetzee in 2024. Stefaans Coetzee (1977 - ) is ’n Afrikaanse skrywer en omroeper.Litnet, https://www.litnet.co.za/author/stefaans-coetzee/ Hy het ’n deel van sy kinderjare in 'n weeshuis op Winburg deurgebring en later betrokke geraak by die Israelvisie.
Toe hy 19 jaar oud was, was Coetzee betrokke by die bomontploffing by die Shoprite in Worcester op 24 Desember 1996, waar vier mense dood en talle beseer is. Hy is skuldig bevind en het 18 jaar in die tronk deurgebring. Gedurende sy jare in die gevangenis het Coetzee ’n politieke metamorfose ondergaan. In Julie 2015 is hy op parool vrygelaat.
Coetzee het hierna begin skryf. Hy tree ook op as organiseerder van die Sanctuary-boekfees in Klerksdorp. Sy eerste boek, Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding, wat hy saam met Alita Steenkamp geskryf het, het in 2019 verskyn.Strydom, Jaco, https://kerkbode.christians.co.za/2020/11/20/stefaans-coetzee-het-eers-bomme-geplant-nou-plant-hy-groente/ Sy tweede boek, Suiker Britz: Dossier van 'n speurbaas, het hy saam met Anemari Jansen geskryf.https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/suiker-britz-dossier-van-n-speurbaas/9781776094714 Dit is opgevolg met ʼn groeproman, Op pad na Grysberg, waaraan 22 skrywers saam geskryf het, en Sewe keer sondig, ʼn bundel kortverhale waar skrywers uitgedaag is om twee-twee saam aan ʼn kortverhaal skryf.https://www.litnet.co.za/op-pad-na-grysberg-saamgestel-deur-stefaans-coetzee-n-resensie/ https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/boekresensie-die-groot-sewe-kry-nuwe-lewe-20240505
Sy tweede memoir, Onbeskryflike genade, het in 2023 verskyn. Dit was op die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds se kortlys. Sy bundel kortverhale, sel ses, het in 2024 verskyn.https://www.litnet.co.za/sel-ses-deur-stefaans-coetzee-n-resensie/
Coetzee is 'n vryskutresensent vir Netwerk24 en LitNet. Hy skryf ook artikels en profiel-onderhoude vir Taalgenoot, Lééf en LitNet. Van sy kortverhale verskyn gereeld in Huisgenoot en Rooi Rose; en is al opgeneem in die Woordfeesbundel en Ons Klyntji.https://www.litnet.co.za/persverklaring-hierdie-skrywers-het-die-us-woordfeeskortverhaalbundel-2023-gehaal/https://klyntji.com/joernaal/2023/9/4/ons-klyntji-2023https://klyntji.com/joernaal/2024/9/5/ons-klyntji-jaargang-128
Coetzee beskou homself as 'n kampvegter vir Afrikaans. In 2024 word hy aangewys as Netwerk24 se Smaakmaker – Boeke met NB Uitgewers. https://www.litnet.co.za/smaakmakers-in-gesprek-met-stefaans-coetzee-oor-sy-toekenning/
Hy is getroud met Deirdré en hulle het drie seuns.https://www.netwerk24.com/sarie/bekendes/ons-praat-met/my-storie-oud-awb-bomplanter-maak-hart-oop-oor-die-wonder-van-tweede-kanse-20231103 Hy is ook ‘n omroeper by Life FM in Klerksdorp.Life FM, https://www.lifefm.co.za/presenters/ Besoek 6 Januarie 2025.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense