duimnael|Twinkl logo. Twinkl is 'n aanlyn opvoedkundige uitgewer wat in 2010 gestig is. Twinkl se hoofkwartier is in Sheffield, Engeland. Die maatskappy vervaardig onderrig- en opvoedkundige materiaal. Twinkl is gestig deur Jonathan Seaton en Susie Seaton. Hulle produseer ook hulpbronne gebaseer op flieks.
In 2018 was die maatskappy se internasionale verkope £2 600 000.
Produkte Twinkl skep digitale onderrigmateriaal vir opvoeders wêreldwyd. Dit sluit onderrigmateriaal in vir laerskole, hoërskole, ouers tuisopvoeders, kinderoppassers, Engels as 'n tweede taal, spesiale onderwysbehoeftes en gestremdhede, volwasse onderwys, en verskeie internasionale markte.Die Suid-Afrikaanse webblad produseer ook hulpbronne in Afrikaans, isiZulu en isiXhosa.
Ligging Die maatskappy het in 2014 na die huidige hoofkwartier in Sheffield, Engeland, verhuis. In 2023 het die maatskappy meer as 1500 personeellede regoor die wêreld. In 2017 het dit 'n tweede kantoor in Wollongong, Australië, geopen.
Erkenning en prestasies In April 2018 het Twinkl "The Queen's Award for Enterprise" ontvang vir die maatskappy se werk in internasionale handel. Twinkl is in 2020 met 'n tweede "Queen's Award for Enterprise" bekroon, dié keer vir innovasie.
Jonathan Seaton, medestigter en hoof uitvoerende beampte van Twinkl, is bekroon met 'n Lid van die Orde van die Britse Ryk (MBE) vir Twinkl se bydrae tot tegnologie en onderwys tydens die Coronavirus-pandemie in 2020.
In reaksie tot Coronavirus Twinkl het al die hulpbronne op hul webwerf vir een maand gratis aan ouers, onderwysers en versorgers wêreldwyd aangebied tydens die Coronavirus-skoolsluitings.
Die maatskappy het saam met BBC Bitesize gewerk om opvoedkundige materiaal te verskaf wat tuisleer ondersteun. Twinkl het ook 'n vennootskap met BBC Children in Need aangegaan om 'n reeks gratis hulpbronne aan te bied wat kinders en skole ondersteun om fondsinsamelings vir dié liefdadigheid te reël.
In Junie 2020 het die maatskappy in samewerking met BBC Studios 'n reeks opvoedkundige Doctor Who-hulpbronne vir laerskoolkinders geskep.
Twinkl het in samewerking met UEFA Champions League en hul vennoot, Santander, The Numbers Game Champions Challenge Cards bekendgestel, wat gratis beskikbaar is op die Twinkl-webwerf.
TwinklHive In 2019 het Twinkl 'n opstartversneller, TwinklHive in Sheffield, VK, bekendgestel. TwinklHive het 'n jong entrepreneurskapsprogram in 2020 geloods, wat belegging en mentorskap bied aan jongmense wat 'n digitale besigheid wil laat groei.
Natterhub, ’n sosialemediaplatform en raamwerk wat geskep is vir onderwysers en leerlinge, is deel van TwinklHive. Natterhub is gestig deur Manjit Sareen en Caroline Allams. Die kurrikulumgerigte platform is gemik op leerlinge tussen die ouderdom van 5 en 11 in die Verenigde Koninkryk.
Nog 'n prominente maatskappy waarin TwinklHive belê, is Learning Ladders. Learning Ladders is sagteware wat gebruik kan word vir kurrikulumbeplanning, portefeuljes, assesserings, vorderingsopsporing, afstandsonderrig en gesinsbetrokkenheid.
Champion Health, 'n digitale welstandsplatform, het in 2020 belegging van TwinklHive ontvang.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Uitgewery