Conophytum hanae is 'n sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap in Namakwaland voor. Die spesie is deel van die Sukkulente Karoo-bioom. Die plant het 'n voorkomsgebied van slegs 8 km² en word as seldsaam beskou. Daar is twee subpopulasies, 4 km vanaf mekaar.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
hanae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika