KV36 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van farao Maiherpri van die 18de Dinastie.

thumb|links|180px|Die plan van KV36. Victor Loret het dit in sy tweede seisoen in die vallei herontdek, op 30 Maart 1899. Dit was in 'n groot mate onversteurd, maar omdat daar lank voorheen die laaste keer daaroor geskryf is, was dit nie so bekend soos die ander grafkelders in die vallei nie.Reeves,Wilkinson: The Complete Valley of the Kings, p. 179 Al die voorwerpe wat daarin gevind is, is na die Egiptiese Museum in Kaïro geneem en in die algemene katalogus (''Catalogue General; CG) aangeteken. G. Schweinfurth: Neue Thebanische Gräberfunde, in: Sphinx III (1900), pp. 103–107

Onlangs is 'n gedetailleerde lys van die voowerpe en hulle plek in die grafkelder egter ontdek.Christian Orsenigo: La tomba di Maiherperi (KV 36). In: La Valle dei Re Riscoperta, I giornali di scavo Vitor Loret (1898–1899) e altri inediti. Mailand 2004, pp. 214–221, 271–281 (met 'n Engelse vertaling deur Stephen Quirke)

Die klein grafkelder bestaan uit 'n skag en 'n kamer aan die onderkant van die westekant.Reeves,Wilkinson: The Complete Valley of the Kings, p. 180 (plan of tomb) Die grafkamer was onversier, nes dié van niekoninklikes in die vallei. Dit is 3,9 meter lank en 4,1 meter breed.Orsenigo, In: La Valle dei Re Riscoperta, p. 220 Nie veel is oor Maiherpri bekend nie, want hy verskyn nie in ander bronne nie. 'n Ondersoek van die mummie het aan die lig gebring dat hy 'n jong man was toe hy gesterf het.

Maiherpri is in 'n stel van drie kiste geplaas.CG 24001, 24002 en 24004 'n Vierde kis,CG 24003 met die deksel langsaan, is ook gevind. Dit het aanvanklik tot groot verwarring onder Egiptoloë gelei; dit lyk egter of die ekstra kis binne-in die ander drie moes pas, maar te groot was. Die mummie het 'n begrafnismaskerCairo GC 24097 opgehad. Drie flesse met sy organe is ook in 'n kissieCG 24008 in die kamer gevind, asook Maiherpri se DodeboekCG 24095 en verskeie bokse met stukke gemummifiseerde vleis.CG 24053-24055

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project: KV36; sluit gedetailleerde kaarte van die grootste deel van die grafkelder in.

Kategorie:Vallei van die Konings