KV32 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van Tiaa, die vrou van Amenhotep II en die moeder van Toetmoses IV.

Victor Loret het die graf in 1898 ontdek. Dit is onversier en loop tot sowat 40 m in die heuwels in, met 'n grafkamer van 6,24 x 8,56 x 4,01 m aan die einde.Jenni, Dorn, Paulin-Grothe, Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32), p. 16. 'n Deel daarvan is binnegedring deur werkers wat die grafkelder van Siptah (KV47) uitgegrawe het.

In die grafkelder is honderde stukke van begrafnisflesse en hulle deksels ontdek. Ander ontdekkings sluit in begranisbeeldjies en miniatuurkissies met die naam van die koningin.Jenni, Dorn, Paulin-Grothe, Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32), pp. 33–43 Vase met die naam van die burgemeester van Thebe, Sennefer, en sy vrou is ook gevind.Jenni, Dorn, Paulin-Grothe, Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32), pp. 67–68

Verwysings

Bibliografie Hanna Jenni, Andreas Dorn, Elina Paulin-Grothe en David Aston: Das Grab der Königin Tiaa im Tal der Könige (KV 32). Swiss Egyptological Studies, SES, 1. Basel 2021. (aanlyn: https://edoc.unibas.ch/81215/)

Skakels Theban Mapping Project: KV34 sluit in gedetailleerde planne van die grakelder.

Kategorie:Vallei van die Konings