Mangaan(II)karbonaat is 'n sout van mangaan in sy 2+ oksidasietoestand en koolsuur met chemiese formule . Dit word in die natuur as die mineraal rodochrosiet aangetref. Dit is onoplosbaar in etanol. Dit los op in verdunde anorganiese sure, maar nie in die meeste organiese sure nie. Die varse neerslag is ligpienk maar blootgestel aan die lug verkleur dit bruin.

Kristalstruktuur Mangaan(II)karbonaat kristalliseer in die kalsiet-struktuur (G0 in die strukturbericht-klassifikasie). Mangaan- en kalsiumkarbonate vorm 'n volledige reeks mengkristalle met die kalsietstruktuur. Die logK, die logaritme van die oplosbaarheidsproduk, neem amper lineêr af met die waarde van x.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings kabonaat