Grant Williams (gebore 22 Julie 1996) is 'n Suid-Afrikaanse professionele rugbyspeler wat tans vir die en internasionaal vir die Springbokke speel. Sy speelposisies is skrumskakel en vleuel.
Klubrugby Williams speel vir die Sharks in die Verenigde Rugbykampioenskap en in die Curriebeker en die Sharks XV in die Rugby-uitdaagreeks. Hy speel gewoonlik op skrumskakel.
Internasionale loopbaan Williams is in Augustus 2021 ná puik vertonings vir sy klub na die Springbokgroep opgeroep om nog ’n Sharks-skrumskakel, Jaden Hendrikse, wat ’n beenbreuk opgedoen het, te vervang.IOL, Sharks scrumhalf Grant Williams called up to Springboks squad Hy het sy internasionale buiging van die vervangerbank af gemaak in 'n nederlaag van 12-13 vir die Springbokke teen Wallis op 9 Julie 2022 in Bloemfontein. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2023.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1996 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Alumni van Paarl-gimnasium