Yster(II)bromied is 'n sout van yster in sy +2 oksidasietoestand en waterstofbromied met die formule . Kristalstuktuur Yster(II)bromied kristalliseer in die CdI-tipe struktuur. (C6 in die strukturbericht-klassifikasie) Dit is 'n gelaagde -toebroodjiestruktuur met die ysteratome reg bo mekaar. Die stof is antiferromagneties en wys ongewone metamagnetiese gedrag. Dit ondergaan 'n faseoorgang onder 'n eksterne magneetveld van ~30kOe in die rigting van die c-as loodreg op die lae. Die spins in die lae is ferromagneties georden en die antiferromagnetiese ordening tussen die lae is swak vanweë die toebroodjiestruktuur en kan met 'n sterk veld deurbreek word. Die stof is 'n Mott-isolator.
Chemiese eienskappe Broom reageer met vogtige yster en vorm hierdie bromied, maar dit reageer gewoonlik verder om die yster(III)bromied te vorm. 'n Beter metode is die reaksie van ysterpoeier met , opgelos in metanol onder 'n stikstofatmosfeer. Dit vorm 'n dimetanoladduk wat teen 160°
C onder laer druk die watervrye vorm. Die stof is higroskopies en vorm hidrate.
Yster(II)bromied is 'n organiese katalitiese reagens wat in 'n paar organiese sinteses gebruik word: Die vorming van C-C bindings (koppeling) tussen twee molekules (of inwendig) waarvan die een 'n alkielhalied is en die ander óf 'n Grignardreagens of 'n eindstandige arielalkyn. Die vorming C-O bindings. Dit koppel ureum met alkohole of diole. Die vorming van C-S bindings deur tioësters te reageer met aldehiede of metielarene. Hier vword egter TBHP bygevoeg wat die yster se oksidasietoestand verander na 3+. Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Bromied Kategorie:Reagense