Conophytum chrisolum is 'n sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in Namakwaland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 4 km² en die populasies word tussen 500 en 1 000 geskat. Die plant word ernstig deur onwettige versamelaars bedreig en word as kritiek bedreigd geklassifiseer.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
chrisolum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika