Conophytum jarmilae is 'n sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Richtersveld voor. Daar is slegs een populasie van 300 plante in 'n voorkomsgebied van kleiner as 4 km². Die plant word deur onwettige plantversamelaars bedreig, en toekomstige mynbou-bedrywighede word as 'n bykomende bedreiging gesien.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

jarmilae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika