Conophytum youngii is 'n sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Namakwaland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 2 km² en daar is slegs een populasie; die plant word bedreig deur onwettige plantversamelaars; die grootste vraag vir Conophytum spesies is vanaf Asië.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
youngii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika