duimnael|280px|Naasbestaandes plant kruise vir slagoffers van plaasaanvalle. Bill Gobey is in 1987 in die gesig geskiet en sy gade te Hekpoort doodgeskiet toe rowers 'n kluis uit hul rondawel wou steel.S v Tseleng (578/88) 1989 ZASCA 88 (17 August 1989), South Africa: Supreme Court of Appeal Die Witkruismonument of Plaasmoordemonument is 'n monumentkompleks langs die N1-roete tussen Potgietersrus en Pietersburg, wat opsigtelik teen die helling van Ysterberg geleë is, op privaat eiendom van die Harmse-familie.Danie van der Westhuizen, Witkruis Monument Opgradering 2021, YouTube, 9 September 2021, kyk 22:30 Op die area van sowat 5 hektaar word sedert 16 Junie 2004 simboliese witgeverfde metaalkruise geplant vir elke sterfte tydens 'n Suid-Afrikaanse plaasaanval. 925 van die sowat 3 000 wit metaalkruise teen die randjie is in 'n opvallende sentrale kruisvorm gerangskik om die Christelike aard van die monument te beklemtoon. Sowat 20 rooi kruise aan die bokant van die monument verteenwoordig plaaslike ongevalle. In 2020 en 2022 is verdere monumente aan die voet van die kruisveld aangebring.

Bewusmaking Boere het in 2004 wit kruise vir bewusmaking van plaasmoorde langs die N1 opgerig. Sanral en die padowerheid het egter daarteen beswaar gemaak sodat die kruise verder teen die rant op verskuif moes word. 300 lede van die gemeenskap het op 16 Junie 2004 vergader en die eerste kruise op die plaas van die destydse eienaar, mnr. Stephan van der Walt, geplant. Dr. Neels Roelofse, kriminoloog aan die Universiteit van Limpopo, en sy eggenote Rina, het aanvanklik die leiding geneem. Daar was aanvanklik 1 200 identiese kruise wat elkeen 7 kg weeg. In 2010 was daar 'n oplewing in belangstelling in die monument, waarop die plaaslike geloftefeesmaatskappy reëlings met die nuwe grondeienaar aangegaan het rakende besoeke, restourasies, aanvullings en 'n eerbetoondag.

Die getal kruise het aangegroei tot 2 506 teen 2020,Thia Botha, Eloff se Lita knap Witkruismonument op, Ridge Times, 1 Mei 2022 2 575 in 2022,Kobie Ströh, Witkruismonument – Plaasmoorde – Ysterberg – Pietersburg – Limpopo, Monumente, Gedenktekens en Interessanthede in Suid Afrika, 13 Januarie 2023 en tot net minder as 3 000 in 2023. Een daarvan gedenk die alombekende Eugène Terre’Blanche, en twee kruisplanters het sedertdien ook in plaasaanvalle gesterf, naamlik Josef Payne (71) van Standerton en Nicky Janse van Rensburg (35) van Roedtan.Koot van der Ryst, Witkruis Monument Kruisplanting 2023, YouTube, 31 Augustus 2023 Die jongste slagoffer wat hier gedenk word is Wilmien Potgieter (2) van Lindley. In 2020 is 'n granietkruis met graniettablet aan die voet van die kruisveld opgerig. In 2022 is ook 'n bronsstandbeeld van die beeldhouer Jaco van Niekerk bygevoeg. Dit beeld 'n parate boer ("Gert" gedoop) en sy swanger vrou uit – 'n allegorie van die bestaanstryd aan die suidpunt van Afrika.

Bestuur en verrigtinge duimnael|regs|350px|Voorvalle van plaasaanvalle en -moorde van 2010 tot 2023 Die jaarliks groeiende monument is 'n gemeenskapsprojek en word met privaat skenkings jaarliks op datum en in stand gehou.Christiaan Harmse, Witkruis Monument Campaign, 2023 Lita Cross Fourie, wat haar ouers en kennisse aan plaasmoorde afgestaan het, was van 2009 tot haar oorlye in 2023 aan die hoof van verrigtinge, en het die nodige statistiek bygehou. Aangesien die SAPD nie doelgerig statistiek omtrent plaasaanvalle en -moorde byhou nie, is die nodige statistiek aangevul uit verskillende webwerwe, benewens omvattende statistiek wat deur die Tabita-organisasie opgestel is, en inligting uit die boek “Treurgrond” deur Dirk Hermann, Chris van Zyl en Ilze Nieuwoudt wat 'n oorsig bied oor die jare 1990 tot 2012.

Sedert 2020 se saamtrek is reëlings getref om die terrein van die N1 af te bereik, wat die voormalige ompad systap. Die 2020-saamtrek is deur meer as 'n duisend mense bygewoon, en 64 nuwe kruise is geplant. Tydens 2023 se aandprogram op die 15de September is die kruise verlig, gevolg deur 'n konvooi-optog met die N1 langs op die oggend van die 16de. Dit is gevolg deur die kruisoorhandigings (47 nuwe kruise) en die afvuur van 'n replika van die Grietjie-kanon.

Kyk ook Wynand Breedt Petrus Hennenman Jan Hettema Annette Kennealy

Verwysings

Kategorie:Moord in Suid-Afrika Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika