duimnael|Robert Nozick, op die voorblad van die Desember 1977-uitgawe van The Libertarian Review. Robert Nozick (/ˈnoʊzɪk/; 16 November 1938 – 23 Januarie 2002) was 'n Amerikaanse filosoof. Hy het die Joseph Pellegrino Universiteitsprofessorskap aan die Harvard-universiteit beklee,"Robert Nozick, 1938-2002". Proceedings and Addresses of the American Philosophical Association, November 2002: 76(2). en was president van die American Philosophical Association. Hy is veral bekend vir sy boeke Anarchy, State, and Utopia (1974), 'n libertêre antwoord op John Rawls se A Theory of Justice (1971), waarin Nozick ook sy eie teorie van utopie voorgehou het as een waarin mense die reëls van die samelewing wat hulle betree vrylik kan kies, en Philosophical Explanations (1981), wat sy kontrafeitlike teorie van kennis ingesluit het. Sy ander werk het etiek, besluitteorie, filosofie van gees, metafisika en epistemologie behels. Sy finale werk voor sy dood, Invariances (2001), het sy teorie van evolusionêre kosmologie bekendgestel, waardeur invariansies, en dus objektiwiteit self, na vore kom deur evolusie oor moontlike wêrelde heen.Dictionary of Modern American Philosophers, Volume 1, redaksie deur John R. Shook, Thoemmes Press, 2005, bl.138

Sien ook Ervaringmasjien

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse filosowe Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2002