Hierdie artikel handel oor die Britse protektoraat in die huidige Botswana. Vir die protektoraat in die huidige Suid-Afrika, sien Brits-Betsjoeanaland.
duimnael|links|'n Kaart van 1887 wat die kroonkolonie Brits-Betsjoeanaland (skadupienk) en die Betsjoeanaland Protektoraat (pienk grens) vertoon. Dit was voor die uitbreiding na die noorde tot Ngamiland in 1890. Betsjoeanaland (Engels: Bechuanaland), amptelik die Betsjoeanaland Protektoraat (Bechuanaland Protectorate), is die voormalige naam tot op 30 September 1966 met die onafhanklikwording van Botswana, toe die gebied 'n protektoraat onder Britse beskerming was.
Betsjoeanaland het onder Europese beheer gekom in 1885 toe genl. sir Charles Warren die gebied beset het om te keer dat die Zuid-Afrikaansche Republiek of Duitse magte in Duits-Suidwes-Afrika die gebied annekseer. Betsjoeanaland was uniek in dié opsig dat sy gebiedshoofstad, Mafikeng, buite die gebied in die destydse Kaapprovinsie geleë was. Met onafhanklikwording het die hoofstad in 1965 Gaborone geword.
Verwysings
Kategorie:Britse Ryk Kategorie:Geskiedenis van Botswana Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika