Punta Cana Internasionale Lughawe (IATA: PUJ, ICAO: MDPC) is 'n kommersiële lughawe in private besit in Punta Cana, in die ooste van die Dominikaanse Republiek. Die lughawe is gebou met opelugterminale en dakke bedek met palmblare. Grupo Punta Cana het die lughawe gebou, wat deur argitek Oscar Imbert ontwerp is, en dit is in Desember 1983 ingewy. Dit word deur Grupo Punta Cana besit en het die eerste internasionale lughawe in private besit in die wêreld geword.
Die lughawe is die besigste in die Dominikaanse Republiek, en die tweede besigste van die Karibiese Eilande, net na Puerto Rico se Luis Muñoz Marín Internasionale Lughawe. In 2022 het meer as 8,3 miljoen passasiers (beide aankomste en vertrekke) deur die terminale beweeg, met byna 50 000 kommersiële vliegtuigbedrywighede. In 2023 was die lughawe verantwoordelik vir 60% van alle lugaankomste in die Dominikaanse Republiek. Die lughawe is tans verbind met 90 lughawens in 26 lande.
Statistiek +Besigste internasionale roetes vanaf PUJ (2021)RangStadPassasiersRederye1 New York-JF Kenedy397 749American, Delta, JetBlue2 Miami377 462American, Frontier3 Panamastad-Tocumen292 242Copa Airlines4 Newark246 990JetBlue, United5 Charlotte233 585American6 Atlanta214 439Delta7 Frankfurt213 805Condor, Eurowings Discover8 Fort Lauderdale196 702JetBlue, Southwest Airlines, Spirit9 Chicago-O'Hare167 620American, Frontier, United10 Madrid-Barajas160 794Air Europa, Iberojet, Wamos Air, World2fly11 Toronto-Pearson141 125Air Canada, Air Canada Rouge, Air Transat,Sunwing Airlines, Swoop, WestJet12 Bogota136 296Avianca, Wingo13 San Juan129 623Frontier, JetBlue14 Baltimore109 891Southwest Airlines15 Parys-Charles de Gaulle108 805Air France16 Montréal-Trudeau100 149Air Canada, Air Canada Rouge, Air Transat,Sunwing Airlines17 Philadelphia99 754American, Frontier, Spirit18 Moskou-Sheremetyevo79 237Aeroflot, Nordwind Airlines19 Washington-Dulles69 531United20 Lima61 692LATAM Peru, Sky Airline Peru21 Orlando56 269Frontier, Spirit22 Warskou55 581LOT Polish Airlines23 Parys-Orly54 089Air Caraïbes24 Zurich53 389Edelweiss Air25 Houston-Interkontinentaal51 519United
Ongelukke en voorvalle
Op 22 Mei 2005 het 'n Skyservice 767-300 gely aan 'n fraktuur in die boonste romp en beskadigde landingstoerusting nadat hy 'n harde landing gemaak het en verskeie kere teruggebons het ná 'n vlug vanaf Toronto. Daar was 'n paar beserings, maar geen sterftes onder die 318 insittendes van die vliegtuig nie en dit is herstel en weer in diens geneem. Op 13 Oktober 2014 het die enjin van 'n Jetstream Bae 32-vliegtuig wat aan Air Century Airlines behoort aan die brand geslaan terwyl dit geland het ná 'n huurvlug vanaf Luis Muñoz Marín Internasionale Lughawe in San Juan, Puerto Rico. Die vliegtuigbemanning het 'n noodgeval verklaar en die vliegtuig om 20:45 plaaslike tyd na 'n vlug van 49 minute geland, maar die vliegtuig is in 'n daaropvolgende brand vernietig. Daar was geen beserings onder die 13 passasiers en twee bemanningslede nie. Op 10 Februarie 2016 het Orenair-vlug 554 na Moskou Domodedowo-lughawe 'n enjinbrand en rook in die kajuit aangemeld. Die bemanning het besluit om om te draai en die vliegtuig te land, sonder om brandstof te stort, deur eerder om die lughawe te sirkel. Met die landing van die oorgewig vliegtuig het die landingswiele oorverhit en aan die brand geslaan, en die vliegtuig is ontruim. Daar was geen beserings onder die 371 insittendes van die Boeing 777 nie. Dit het vir 10 maande op die lughawe bly staan, voordat dit weer in Desember 2016 vertrek het.
Verwysings
Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Lughawens in Noord-Amerika