Koper(II)asetaat is 'n sout van koper is sy +2 oksidasietoestand en etanoësuur. Die anhidraat het formule , maar die stof word dikwels gelewer as die monohidraat . of 'n mengsel van die twee
Versigtige verhitting tot ong. 100 C of droging oor lewer die anhidraat.
Daar is ook basiese vorms van die verbinding of eintlik asetaathidroksiede soos ..2
Hulle is almal blou of blougroen stowwe, hoewel hulle kleure effens verskil, en hulle is sedert eeue as verdigris as 'n gewilde kleurstof gebruik. Tradisioneel is verdigris vervaardig deur koper langdurig (weke of maande) aan asyn of asyndampe bloot te stel. Watter fasemengsel presies vervaardig is, veskil van geval tot geval. Die stowwe is oplosbaar in water en by indamping kristalliseer die monohidraat uit die oplossing.
Kristalstrukture Die anhidraat kristalliseer in 'n trikliniese struktuur met 'n opvallend roeiwiel-struktuur. Dit bestaan uit twee koperione wat in 'n plat vierkant omring deur suurstof atome van die asetaatione omring word. Die anione vorm brûe tussen die twee katione. Die afstand tussen die katione is kort genoeg dat dit voor antiferromagnetiese koppeling tussen beide 3d-ione sorg. Die monohidraat het 'n ander kristalstruktuur met 'n ander eenheidsel maar hier is ook 'n roeiwieleenheid te herken. Die verskil is dat die koperione in die rigtin loodreg op de roeiwiel nog 'n watermolekule as ligand besit.
Verwsyings
asetaat