Kopersilisiede is verbindings van silikon en koper.

Daar is verskeie kopersilisiede in die Cu-Si-fasediagram geïdentifiseer. Die bekendste is die η(êta)-fase wat gewoonlik as weergegee word maar eintlik effens ryker aan koper is. Ander weergawes is of . Die η-fase smelt kongruent teen 868°C. Solberg het in 1978 die η-fase se struktuur bepaal as romboëdries (trigonaal). Dit is 'n baie kompakte struktuur. Daar is twee koperposisies Cu en Cu, waarvan een op die drietallige as lê. Elke silikonatoom het een Si-buur en een Cu-buur op 0,5166 maal die lengte van die romboëdriese a-as, ses Cu-bure op 0,5235a ses Cu-bure op 0,6025a

Maar Solberg het ook gevind dat teen kamertemperatuur superstukture gevorm kan word wat η' en η'' genoem word. Later elektrondiffraksiewerk het gewys dat die superstrukture baie ingewikkeld is. Meer navorsing is nodig. Daar is ander fases wat nog ryker aan koper is soos die epsilon fase of en die delta-fase wat peritekties ontbind teen 796°C en 726°C.

Gebruike word gebruik in die suiweringsproses van silikon vir die halfgeleierindustrie. Dit is die sleutel om suiwerhede soos 99,99999% te bereik. Daar is egter 'n toenemende aantal aanwendings in ander gebiede soos vir fotovoltaïese of elektriese doeleindes. Dit word ook as katalisator gebruik vir die vervaardiging van nanodraadjies van halgeleiers en van koolstof. 'n Ander gebied van aanwending is litiumbatterye.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings silisied Kategorie:Verbindings van silikon