duimnael|regs|240px|Die Drieankerbaai-kerkgebou.

duimnael|regs|300px|Die Drieankerbaai-kerkgebou is op 9 Julie 1879 ingewy, agt maande voor die gemeente gestig is.

duimnael|regs|160px|Ds. Edmund Zacharias Johannes de Beer, eerste leraar, 1880 tot 1898, en in 1859 een van die eerste vier studente aan die Stellenbosse Kweekskool.

duimnael|links|200px|Johannes Andries Bam (1830 - 1903), lid van die wetgewende vergadering van die Kaapkolonie en 'n stigter van die gemeente. Sy seun, sir Pieter Bam, was ook lid van die Kaapse laerhuis en 'n groot bevorderaar van die plaaslike landbou.

duimnael|regs|160px|Ds. Andrew Murray McGregor, 1914 tot 1939.

duimnael|regs|160px|Dr. Louis Viljoen Rex, 1939 tot 1941.

duimnael|links|200px|In teenstelling met die gemiddelde bywoning van eredienste in die hele NG Kerk van skaars 40%, teken Drieankerbaai gereeld 60% en meer bywoning tydens die oggenddiens aan, soos hier op Sondag 28 November 2010.

duimnael|regs|160px|Ds. Frederic John Berning Malan, 1941 tot 1943.

duimnael|links|270px|Die drie vensters agter die preekstoel met gebrandskilderde glas.

regs|duimnael|300px|Hierdie foto het in April 1960 in Die Voorligter verskyn ter illustrasie van 'n artikel oor huisbesoek in die stad. Die onderskrif lui: 'n Stadspredikant is vandag voorwaar baie gelukkig as hy 'n gesin met huisbesoek so bymekaar vind soos hierdie gelukkige groepie in Drieankerbaai, Kaapstad. Binne die grense van hierdie gemeente woon ongeveer tagtigduisend mense waarvan net vyfhonderd lidmate van die N.G. Kerk is. Die gemeente strek vanaf Groenpunt tot Clifton. Dis die Skiereiland se mees kosmopolitiese deel. Dis 'n woonstelgemeente. Afrikaanssprekendes is 'n klein minderheid. Hulle woon versprei. Om lede van die kerk op te spoor is geen gemaklike taak nie. Die leraar, ds. E.H. Botha, luister dikwels op die bus of mense Afrikaans praat en knoop dan met hulle 'n geselsie aan. Op dié manier het hy al baie mense opgespoor. Of hy blaai soms in die telefoongids en bel mense in die wyk met Afrikaanse vanne op. Ook dit werp vrugte af. Heel links op die foto sit ouderling G.J.B. Cronjé van Groenpunt en langs hom (met die Bybel), ds. E.H. Botha, albei van gemeente Drieankerbaai. Ds. Botha het vertel dat hy lankal uit die meeste kommissies bedank het om meer aandag aan sy gemeente te kan wy. "Sonder aktiewe huisbesoek kan 'n predikant maar oppak."

duimnael|links|320px|In die konsistorie hang portrette van vorige leraars en van die gemeente se stigsters.

duimnael|regs|200px|Ds. George de Coligny (Colin) Murray, 1943 tot 1950, en sy vrou.

duimnael|regs|160px|Ds. Eduard Hauman Botha, 1956 tot 1966.

duimnael|regs|160px|Ds. Pieter du Toit, 1967 tot 1989.

duimnael|regs|160px|Ds. Martin Steyn, 2009 tot 2018, daarna NG gemeente Citrusdal.

NG gemeente Drieankerbaai is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat op 10 Maart 1880 van die Groote Kerk afgestig het en wat op Sondag 14 Maart 2010 sy 130-jarige bestaan gevier het. Dit is die 90ste gemeente wat in die destydse Kaapkolonie gestig is en naas die moedergemeente, Wynberg en Durbanville die oudste NG gemeente in die metropolitaanse gebied van Kaapstad. Die naam van die gemeente is ontleen aan 'n klein voorstadjie van enkele straatblokke tussen Groenpunt en Seepunt, wat in 1965 bekend geword het toe die digteres Ingrid Jonker hier in die see gestap en haar lewe geneem het.

Eerste treë Die gemeente se ontstaan was 'n regstreeks gevolg van 'n reeks evangeliedienste wat 'n voormalige Britse offisier, majoor Malan, aan die begin van 1876 in die Groote Kerk gehou het. Een van die ouderlinge van die Kaapstadse gemeente, mnr. I.P.H. van der Poel, is so begeester dat hy besluit het om 'n reeks bidure in sy huis in Drieankerbaai te hou. Daar ontstaan toe 'n behoefte aan 'n meer sentrale aanbiddingsplek in Seepunt, omdat die dienste in 'n klein kapel daar dikwels so vol was, dat aanbidders in die voorportaal moes staan. Sondagskoolkinders moes boonop elke Sondagmiddag stad toe gaan vir onderrig.

Op 25 Julie 1877 word twee planne aan 'n vergadering in die Seepuntse kapel onder leiding van ds. Georg Stegmann jr. van die moedergemeente voorgelê. Die een was die vergroting van die kapel, die ander die oprigting van 'n nuwe kerkgebou. Die tweede is aanvaar, maar daar was meningsverskil oor waar dit moes wees. 'n Latere vergadering aanvaar met 'n geringe meerderheid om die perseel aan te koop waar die kerkgebou vandag in Drieankerbaai staan. Die kerkraad van die Groote Kerk het vergeefs probeer eenparigheid kry, want sommige lidmate van Seepunt het tot in die dekade na 1920 nog aanhou aanbid in die klein kapel. Dit is toe afgebreek om plek te maak vir 'n vertoonkamer van die munisipaliteit, wat vandag as toeristeburo op die hoek van Queen- en Regentweg dien. Die afsonderlike wyksgemeente het toe in 'n gebou in Arthurweg aanbid, wat in die dekade na 1930 verkoop en 'n sinagoge geword het.

Die eerste boukomitee is op 28 Augustus 1877 aangestel, maar die kerkraad van die Groote Kerk het geen verantwoordelikheid vir die befondsing van die kerkgebou aanvaar nie. Lidmate van Drieankerbaai moes self die fondse insamel. Die oorspronklike raming was £1 500, maar uiteindelik het die boukoste £2 100 beloop.

Hoeksteenlegging Die hoeksteen van die kerkgebou is op 12 Februarie 1878 gelê deur sir David Tennant, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, die destydse koloniale parlement. Sir David het die steen goed met 'n hamer en versilwerde troffel gelê, wat hy later as geskenk ontvang het, maar dit het deur die jare tydens verbouings verlore gegaan. Hy het die groot gehoor in Hollands en Engels toegespreek en gesê: "Bou nie net die Kerk nie, maar vul dit ook met gelowiges. Laat die kerkbesoek gereeld, aanhoudend en ernstig wees. Laat gebede opstyg en danksegging altyd gehoor word binne die portale van hierdie Huis van God. So sal Christus verheerlik word, sondaars gewen en gelowiges opgebou word." Saam met die hoeksteen het ook 'n fles verlore geraak. Daarin was 'n afskrif van daardie dag se uitgawes van De Zuid-Afrikaan, die Het Volksblad, Cape Times en Cape Argus, asook 'n program van die verrigtinge.

Die vroue van die te stigte gemeente het die voortou geneem om die fondse vir die steeds toenemende boukoste in te samel. In Augustus 1878 hou hulle in die stad 'n basaar onder beskerming van die goewerneur, sir Bartle Frere se vrou, lady Frere. 'n Anderhalfuur na die deure geopen het, het hulle reeds £125 geïn. Die komitee moes egter £950 van ondersteuners leen. Dit is eers in 1900 afbetaal omdat die gemeente in die begin jare skaars 50 lidmate gehad het.

Inwyding Nog voor die gebou ingewy is, het die Groote Kerk se kerkraad besluit om 'n oggenddiens in Hollands en 'n aanddiens in Engels te hou. Die gebruik het tot 1950 voortgeduur.

Op Woensdag 9 Julie 1879 het die Tramway-maatskappy spesiale tremritte uit die middestad gereël om al die belangstellendes by die erediens ter inwyding van die kerkgebou te kry. 'n Optog het die kerkgebou teen halfdrie bereik en toe ds. A.D. Lückhoff die deur oopsluit, het die gemeente die gebou met die sing van Psalm 100 binnegegaan: "Gaan deur sy poorte in met lof, met lofsang in sy tempelhof!"

Ds. Andrew Murray het die inwydingsdiens behartig. Vier dae later het prof. John Murray van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch die eerste twee Sondagdienste gelei.

Gemeentestigting Voor die gemeente gestig is, moes die boukomitee die leiding neem. Hulle eerste stap was die stigting van 'n Sondagskool op Sondag 20 Julie 1879 met sowat 60 leerders. Daar was 'n Hollandse sowel as 'n Engelse afdeling.

Skaars twee maande na die kerkgebou ingewy is, nooi die boukomitee die gemeente na 'n deurslaggewende vergadering in die kerkgebou, wat uit die staanspoor as skool- sowel as kerkgebou moes dien. Hoewel die lidmate nog deel van die Groote Kerk was, maar hulle moes na hulleself omsien, omdat die moedergemeente nie verantwoordelikheid vir Drieankerbaai wou aanvaar nie. Die vergadering besluit eenparig om 'n nuwe gemeente af te stig en stel 'n komitee aan om dit uit te voer. Twee maande later, op 30 Oktober 1879, rig die komitee 'n brief aan die moedergemeente se kerkraad waarin hy goedkeuring vir die afstigting versoek. Die Groote Kerk se raad antwoord op 16 Desember: "De Kerkeraad geeft zijn toestemming tot de stichting van eene nieuwe gemeente te Drieankerbaai, met dien verstande dat – tot de aanstelling van eenen lereer voor de gemeente – geen leraar van de Kaapstadse gemeente zorg als konsulent van de nieuwe gemeente op zich zal hebben te nemen, en dat er voor de nieuwe gemeente bepaalde grenslijnen gemaakt worden." Die onderhandelinge oor die grenslyne sou, met tussenposes, nog baie jare daarna voortduur.

Lidmate van die klein Ronde Kerk was nie vir die afstigting te vinde nie en die ringskommissie, onder voorsitterskap van ds. Andrew Murray, besluit om 'n vergadering van die Ring van Kaapstad vir 10 Maart 1880 in die Drieankerbaai-kerkgebou te belê. Ná 'n soms warm bespreking stel dr. P.E. Faure van die NG gemeente Wynberg voor dat 'n afsonderlike gemeente in Drieankerbaai gestig word. Die voorstel word sonder teenstem aanvaar, maar vier afgevaardigdes bly buite stemming.

Die ring het ook drie verdere besluite geneem. Die gemeente sou sonder bepaalde grense gestig word om dit moontlik te maak vir ontevrede lidmate om in die Groote Kerk of die Ronde Kerk te bly. Die ring besluit ook om die gemeente se eerste kerkraad aan te stel en benoem ds. E.Z.J. de Beer van Simonstad as konsulent. 'n Koerantverslag oor die spesiale ringsvergadering lui: "Ds. de Beer zeide, dat de gemeente alhier voorseker klein zul zijn – de kleinste in onze Kerk. Maar was er ooit een gemeente, die het salaris van zijn predikant niet betaalde? (Een stem: 'Simonstad?' – gelach.) Wel, Simonstad was klein, maar betaalde zijn salaris maadelijks gereedelijk!" Snaaks genoeg het dit juis tydens die depressie van 1885 en daarna gebeur dat die gemeente nie die einste ds. De Beer, wat die eerste leraar geword het, se salaris kon betaal nie. Eers teen 1893 is dit herstel.

Aankondiging van stigting Die kalender van 1880 het nes dié van 2010 met die gemeente se 130-jarige viering daar uitgesien, sodat 14 Maart ook op 'n Sondag geval het. Daardie oggend kondig dr. P.E. Faure voor 'n groot gehoor die stigting van die nuwe gemeente aan. Sy teks was uit Johannes 19:30: "Het is volbracht," wat die gemeente se leuse sou word en wat ook op Sondag 14 Maart 2010 tydens die 130-jarige viering voorgelees is. Sedert die stigting die eerste keer ter sprake gekom het, het die aantal lidmate wat die nuwe weg wou volg, aansienlik gekrimp omdat heelwat eerder in Seepunt se kapel wou aanbid of lidmate van die Groote Kerk wou bly.

Die kerkraad het op Maandag 5 April 1880 die eerste keer vergader. Hulle bespreek die gemeente se moontlike naam en besluit op NG gemeente van Groenpunt, wat eers deur 'n kerkraadsbeluit van 1903 na "Drieankerbaai" verander is. Hierna besluit die kerkraad tydens 'n vergadering op 5 Julie 1880 om ds. Edmund de Beer (26 Februarie 1841 - 25 Mei 1918) een van die eerste vier studente van die Teologise Seminarium op Stellenbosch toe dit in 1859 geopen het), wat die konsulent was en predikant van Simonstad, as eerste leraar te beroep. Hy aanvaar die beroep op 22 Augustus. De Beer is op 8 Oktober 1880 deur dr. P.E. Faure bevestig. Tydens sy tydperk van 17 jaar, het die 40 lidmate met net vyf aangegroei.