Die teringbos (Orphium frutescens) is 'n meerjarige, blomdraende plant wat deel is van die Gentianaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Lambertsbaai tot by George voor. Die plant blom van November tot Februarie maand en is deel van die fynbos.
Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantZAfrica
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika