duimnael|regs|Kaart van Gaboen.

'n Staatsgreep het plaasgevind in Gaboen op 30 August 2023. Ná betwiste uitslae en politieke spanning oor ’n algemene verkiesing wat op 26 Augustus 2023 gehou is, het die weermag die herverkose president, Ali Bongo Ondimba, wie se oorwinning op 30 Augustus aangekondig is, verdryf.

Die staatsgreep het 'n einde gebring aan die 56 jaar lange heerskappy van die Bongo-familie oor Gaboen. Dit was ook die agtste suksesvolle staatsgreep wat plaasgevind het in Wes en Sentraal-Afrika sedert 2020, na soortgelyke gebeure in Mali (twee keer), Tsjad, Guinee, Burkina Faso (twee keer) en Niger.

Agtergrond Sedert onafhanklikheid van Frankryk in 1960, is Gaboen hoofsaaklik deur die Bongo-familie regeer wat begin met president Omar Bongo in 1967 en na sy dood in 2009, deur sy seun Ali Bongo Ondimba. Ali Bongo Ondimba is in 'n omstrede verkiesing in 2016 herkies wat na 'n mislukte staatsgreeppoging in 2019 gelei het. Onder hulle heerskappy was die land geteister deur beskuldigings van korrupsie en nepotisme, verskeie verkiesings was beïnvloed deur berigte van bedrog of onreëlmatighede, en die Grondwet en kieswette is verskeie kere verander om termynbeperkings te verwyder, die stemstelsel te verander om die gebroke opposisie uit te buit, en die tydsberekening van verkiesings te verander om te verseker dat die opposisie nie kon saamtrek na 'n oorwinning deur die regerende party nie.

Ten spyte daarvan dat Gaboen 'n lid van OPUL is, een van Afrika se groot produsente van olie (wat 60% van nasionale inkomste uitmaak), en met een van die hoogste BBP'e per capita op die vasteland, staar Gaboen ernstige sosio-ekonomiese krisisse in die gesig: 'n derde van die bevolking leef onder die armoedelyn van VS$5,50 per dag, en die werkloosheidsyfer onder Gaboenese tussen 15 en 24 jaar is in 2020 op 40% geraam.

In ’n toespraak wat op die land se onafhanklikheidsdag op 17 Augustus gelewer is, het Bongo, ’n noue bondgenoot van Frankryk, daarop aangedring dat hy nie sal toelaat dat Gaboen aan “destabilisering” onderwerp word nie, met verwysing na ander onlangse staatsgrepe in die streek.

Sien ook Nigerse staatsgreep van 2023 Françafrique

Verwysings

Eksterne skakels 'n Eenvoudige gids oor die staatsgreep van BBC News

Kategorie:Staatsgrepe Kategorie:Gaboen