Soutrivier-spoorwegstasie is 'n Metrorail-spoorwegstasie in Soutrivier, Kaapstad. Dit is die tweede stasie vanaf die Kaapstad-terminus op die ou hooflyn (nou die Noordelike Lyn) na Bellville, en die aansluiting waar die Suidelike en Kaapse Vlakte-lyne van die hooflyn aftak. Dienste op al Metrorail se lyne loop deur dié stasie.
Die stasie het drie eilandplatforms en een syplatform, wat altesaam sewe spore bedien. Die stasiegebou is in Foundrystraat suid van die spoorlyne geleë.
Verwysings
Kategorie:Koördinate op Wikidata Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treinstasies (Suid-Afrika) Kategorie:Kaapse Vlakte Lyn Kategorie:Suidelike Lyn Kategorie:Sentrale Lyn Kategorie:Noordelike Lyn