Staavia trichotoma is 'n meerjarige, blomdraende struik wat deel is van die Bruniaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Die plant kom tussen Villiersdorp en Genadendal voor en is laas in 1940 gesien. Volgens SANBI mag die plant ernstig bedreig of reeds uitgestorwe wees terwyl KEW Plants of the World die plant as uitgestorwe verklaar het.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

trichotoma Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika