Ons gaan die voetspore van Paulus volg, aangesien hy die grootste Sendeling was wat daar ooit was. Erkennings Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en Zondervan King James Version Volume 2.
Verkiesing van die 7 Diakones (Hand. 6:1-7) Waarom begin ek hier. Dit skep die agtergrond vir Paulus se optrede voor en na sy bekering en dis by Stefanus se steniging waar ons vir die eerste keer Saulus ontmoet.
Die kerk het aanhou groei en dit het gelei tot verstaanbare probleme.
Op hierdie stadium van sy ontwikkeling was die kerk Joods in sy same-stelling. Daar was veral 2 groepe, nl. Die Grieksprekendes, wat van ander lande as die Heilige Land afkomstig was en dan die Jode wat die Joodse kultuur en gebruike gevolg het.
Dit was die gebruik dat daaglikse fondse aangewend was om vir die wedu-wees, wat niemand gehad het om hulle te versorg nie, te sorg. Nou het die Grieksprekende weduwees gekla dat hulle afgeskeep word.
Die 12 apostels het die gemeente byeengeroep en gese: “Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die Woord van God verwaarloos om die weduwees te versorg nie. Soek nou 7 mans uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Hulle kan dan aangestel word vir hierdie taak.
Die gemeente het toe so gemaak en die 7 mans voor die apostels gebring, wie vir hulle gebid en die hande opgele het. Een van hierdie manne was Stefanus.
Stefanus word Gevange Geneem (Hand. 6:1-7) Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Die Party van die Vrygelate Slawe, wat beataan het uit Jode wat van Sirene en Aleksandrie afkomstig was, het saam met Jode van die Provinsie Silisie en Asie gekom het, het met Stefanus ge-redeneer.
Hulle was egter nie opgewase teen die wysheid van Stefanus wat hy van die Heilige Gees ontvang het nie. Die ander het toe manne omgekoop om te se hulle het Stefanus teen Moses en God hoor laster.
Hulle het die volk en familiehoofde en skrifgeleerders opgesweep. Hulle het op Stefanus afgestorm en hom voor die Joodse Raad gebring.
Stefanus se Toespraak (Hand. 7:1ev) Stefanus het in sy toespraak by Abraham begin en die hele Israelitiese geskiedenis geskets.
Stefanus word Gestenig (Hand. 7:54 ev) Toe Stefanus se hulle het die Regverdige verraai en vermoor, het die Joodse Raad op hulle tante gekners. Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan Sy regter-hand sit.
Toe hy vir hulle se wat hy sien, het hulle geskreeu en hull ore toegedruk. Soos een man het hulle op hom afgestorm, hom uit die stad gesleep en hom gestenig. Stefanus se laaste woorde was: “Here moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie.”
Hier kom ons die eerste keer die naam Saulus tee. Die getuienisse van Stefanus se steniging het hulle klere neergele by ‘n jongman, Saulus.
Die dat die getuienisse hulle klere by Saulus neergele het, het geleerders laat dink dat hy in bevel was of tenminste deel van die Joodse Raad was. Hy het tenminste die steniging goedgekeur.
Saulus Vervolg die Kerk (Hand. 8:1 ev) Daardie dag het daar ‘n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Saulus het die kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan en mans sowel as vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit.
Die Here het ook hierdie sonde gebruik om die evangelie te laat groei. Die gelowiges het sover hulle gegaan het die enangelie verkondig. So het dit vinnig versprei.
Saulus se Bekering (Hand. 9:1 ev) Saulus het intussen soos ‘n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoeprister gegaan en van hom bekendstellinsbriewe gekry aan die sinagoges in Damaskus. Sy doel was om al die aanhangers van die Here gevange te laat neem en na Jerusalem te bring.
Toe hy op reis was naby Damaskus, het daar skielik ‘n skerp lig uit die hemel op Saulus geskyn. Hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoorbse: “Saul, Saul waarom vervolg jy My.”
“Wie is U Here”, het hy gevra.
“Ek is Jesus, dit is vir My wat jy vervolg, jy maak jou net seer deur jou te verset. Maar staan op en gaan na die stad, daar sal vir jou gese word wat om te doen.” Die Here kon vir hom direk gese het wat hy moet doen, maar die Here verkies om deur sy kerk en volgelinge te werk.
Saulus was blind toe hy opstaan en hulle moes aan die hand Damaskus toe lei.
Annanias Kry die Opdrag om met Saulus te Gaan Praat (Hand. 9:10 ev) Die Here het Annanias gestuur na Reguitstraat waar Saulus gebly het by Judas. Annanius het geweet van Saulus se dade en het eers teegstribbel. Maar toe hy hoor die Here het vir Saulus uitgekies om ‘n werktuig vir Hom te wees, het hy dadelik gegaan.
Annanias het Saulus die hande opgele en vir hom gese: ”Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het, het my na jou toe gestuur, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.
Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oe afgeval en kon hy weer sien. Hy het opgestaan en is gedoop.
Paulus het ‘n paar dae by die gelowiges in Damaskus gebly en in die sinagoge verkondig dat Jesus die Seun van God is. Die gelowiges was ver-baas oor Saulus, maar hy het al hoe kragtiger gepreek en die Jode in die war gebring deur te wys dat Jesus die Christus is.
Die Jode het saamgesweer om Saulus te vermoor. Sy medegelowiges het hom eennag geneem en in ‘n mandjie laat afsak deur ‘n opening in die stads-muur.
Saulus in Jerusalem (Hand. 9:26 ev) Saulus is na Jerusalem en het probeer om daar by die volgelinge in Jeru-salem aan te sluit, maar almal was vir hom bang. Barnabas het blykbaar geweet van Saulus se bekering en het hom oor Saulus ontferm en hom na die apostels geneem.
Saulus het toe saam met apostels in Jerusalem rondgegaan en openlik in die Naam van Jesus gepreek. Hy het ook met die Grieksprekende Jode geredeneer, maar hulle het ook probeer om hom te vermoor.
Tyd van Vrede (Hand. 9:31 ev) en Saulus se Onderwysing in Arabie In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk ‘n tyd van rus en vrede beleef. Die kerk het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here geleef. Die kerk is deur die Heilige Gees versterk en die ledetal het toegeneem.
Ons weet nie veel van Saulus se verblyf in Arabie vir 3 jaar nie. Ons weet hy was goed geskool in die Ou Testament. Hy het onder andere onder Gemaliel geskool. Die Here het hom egter die geheimenisse van die Evangelie geleer, wat hy later met die hele wereld gedeel het.
Gemeente in Antiogie (Hand. 11:19 ev) Soos ons reeds gesien het, het die gelowiges uitmekaar gespat na Stefanus se dood. Baie van hulle het in Antiogie beland. Die gelowiges het egter die Woord aan net Jode gebring.
‘n Berig oor die mooi dinge wat in Antiogie aan die gang was hett die ge-meente in Jerusalem bereik. Hulle het vir Barnabas daarna tioe gestuur. Hy was bly om te sien hoe God se genade onder hulle gewerk het ennhy het hulle aangespoor om met hart en siel getrou te bly aan die gemeente en aan God.
Intussen het Saulus uit Arabie teruggekeer na Tarsis, sy tuis dorp. Barnabas het hulp nodig gehad en het na Tarsis gereis om vir Saulus te gaannsoek. Hy het hom gevind en hom na Antiogie gebring, waar hulle 2 jaar lank saam in Antiogie gewerk het en baie mense onderrig. Daar is gie gelowiges die eerste keer Christene genoem.
In die tyd het daar profete na Antiogie gekom. Onder hulle was Agabus en hy is deur die Heilige Gees gelei om te voorspel dat ‘n groot hongersnood die wereld sou tref. Dit het toe ‘n werklikheid geword in Keiser Cladius se tyd.
Die gelowiges het besluit dat elkeen na sy vermoe sou bydra tot ‘n hulpfonds wat vir hul medegelowiges, wat in Judea woon, gestuur sou word. Hulle het so gemaak en die geld met Barnabas en Saulus gestuur aan die Ouderlinge in Jerusalem.
Barnabas en Saulus het teruggekeer na Antiogie nadat hulle, hul opdrag in Jerusalem uitgevoer het. Hulle het virnJohannes Markus saamgebring.
Eerste Sendindreis: Barnabas en Saulus word Uitgestuur (Hand. 13:1 ev) Op ‘n keer het die Heilige Gees gese: “Sonder Barnabas en Saul vir My af om die werknte doen waarvoor Eknhulle geroep het.”
Nadat die gemeente gevas enngebid het, het die gemeente hulle laat gaan.
Barnabas en Saulus het die volgende plekke besoek:
Seleukie; Siprus; Salamis; Pafos; Pergie in Pamfilie; Antiogie in Pisidie; Ikonium; Listra; Derbe; Terug na Listra, Ikonium en Antiogie; Deur Psidie tot by Perge; Terug na hulle sending gemeente.
Seleukie en Siprus (Hand. 13:4 ev) So is Barnabas een Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle is na Seleukie en oorgevaar na Siprus. Daar het baie Jode gebly en die woord was reeds daar verkondig.
Salamis (Hand. 13:4-6) Hulle het in Salamis aangekom. Daar het hulle die Woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het vir Johannes Markus (hy was ‘n neef van Barnabas) by hulle gehad omnhulle te help.
Pafos (Hand. 13:6-12) Hulle het die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle ‘n Joodse towernaar met die naam Barjesus teegekom het, wat voorgegee het dat hy ‘n profeet is.
Hy was by die goewerneer, Sergius Paulus (aangesien Siprus ‘n Romeins provinsie was, was ‘n goewerneer nodig) wat ‘n verstandige man was. Die goewerneer het vir Barnabas en Saulus laat roep, want hy wou graag die Woord van God hoor.
Die towenaar, Elimas (dit is ‘n simitiese naam wat beteken towenaar of wyse man), soos hy inbGrieks genoem is, het hulle egter teegestaan omdat hy wou verhoed dat die goewerneer in Jesus glo. Maar Saulus, vol vanbdie Heilige Gees, het hom skerp aangekyk en gese: “Duiwelskind! Deurtrapte skelm en bedrieer! Vyand van alles wat reg is. Sal jy ophou om in die pad vanbdie Here te staan! Die Here gaan jou nou straf. Jy sal blind word een die son ‘n tyd lank nie sien nie”.
Onmiddellik het alles vir hom vaag en donker geword,nhy het rondgetas na iemand om hom aan die te lei. Die goewerneer was diep onder die indruk van die leer van die Here en hy het gelowig geword.
Perge in Pamfilie en Antiogie in Psidie (Hand. 13:13-52) Paulus en sy reisgenotee het met ‘n skip van Pafos af vertrek en in Perge aangekom, waar Johannes Markus hulle verlaat het en terug na Jerusalem gegaan het. Soos ons later sal sien, het hierdie voorval die verhouding tussen Barnabas en Paulus versuur, maar soos ons sal sien gebruik die Here ook dit tot Sy voordeel.
Paulus en sy reigenote het die reis vanaf Perge voortgesit en in Antiogie in Psidie aangekom. Soos dit Paulus se gebruik was het hy op die sabatdag na die sinagoge gegaan. Na die voorlesing uit wer en die profete het die raadslede van die sinagoge vir Paulus gevra om te praat.
Ek gaan nie die hele preek weergee nie, maar hier is ‘n opsomming:
Hy vertel hulle die Here het die Israeliete uitgekies toe hulle vreemdeling in Egipte was; Dat Hy hulle met groot mag uitgelei het; Dat Hy hulle vir 40 jaar lank in die woestyn verdra het; Daarna het hy 7 nasies in die land Kanaan uitgewis en hulle land aan die Israeliete gegee het; Daarna het hy rigters oor die land laat regeer het tot die tyd van die Profeet Samuel; Toe die Israeliete ‘n koning wou he, het God vir hulle Saul gegee; Daarna het hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gese: “Ek het in Dawid seun van Isai'n man na my hart gevind. Hy sal al My opdragte uitvoer”; Uit hierdie man se nageslag het God, volgens Sy belofte, Jesus as Verlosser vir Israel laat voorkom; Die inwoners van Jerusalem en hulle leiers,mhet Hom nie erken nie en hom laat doodmaak; God het Hom egter uit die dood opgewek ennHy het aan die volk verskyn, wat nou getuienis is daarvan; Nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God Sy belofte aan die voorvaders vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesusuit die dood te laat opstaan: Daarom moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hom is, en datt elkeen wat glo, deur Hom vrygespeek word van alle sondes.