Nowoöeroesofka (Russies: Новоурусовка) is 'n dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Boezan Plaaslike Munisipaliteit wat nog seve kleiner nedersettings insluit, en lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta. Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "nuut" en die Turkiese woord vir "Russe".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Nowoöeroesofka 1 150 inwoners gehad. Etniese Kasakke en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 466 40,5% Russe 441 38,3% Tartare 83 7,2% Nogais 36 3,1% Azerbeidjanners 21 1,8% Armene 13 1,1% Oesbeke 11 1% Ander groepe 34 3% Onbekend 45 3,9% Totaal 1 150 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast