Koper(II)chloried is 'n verbinding van chloor met koper in sy +2 oksidasietoestand met formule . Dis 'n sout van koper met soutsuur.

Watervrye koper(II)chloried is higroskopies en blootgestel aan vog vorm dit skielik sy dihidraat .2 wat groen is en aan die lug vervloei. Die stof is oplosbaar in water (706 [g/L]), metanol, etanol (530 [g/L]) en matig oplosbaar in asetoon en etielasetaat.

Struktuur

Die -ioon het 'n [Ar]3d konfigurasie en ondergaan Jahn-Tellerverwringing. Die koördinasie het amper die vorm van 'n plat vierkant met kort Cu-Cl-afstande en twee lang afstande in die aksiale rigting loodreg op die vlak van die vierkant. Dit geld vir ook vir ander halokuprate soos of .

Vibrasies Die vibrasies van die verwronge koördinasie-oktaëder kan in infrarooi- en Ramanspektroskopie waargeneem word.

.2SpektroskopieModusFrekwensie cm406 (sterk)RamanCu-O simm. strekFrekwensie cm428 (swak)IRCu-O asimm. strekFrekwensie cm320 (sterk)284 (baie sterk)IRCu-Cl asimm. strekFrekwensie cm247 (sterk)287 (baie sterk)RamanCu-Cl simm. strekFrekwensie cm276 (skouer)RamanCu-Cl asimm. strekFrekwensie cm215 (baie sterk)166 (sterk)RamanCu-Cl simm. strekFrekwensie cm201 (skouer)189 (baie sterk)IRCu-Cl asimm. strek

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings chloried