Delosperma leendertziae is 'n meerjarige sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Gauteng en Noordwes-provinsies. Die plant het 'n voorkomsgebied van 8 658 km². Die spesie kom voor in die Magaliesberg, Roodepoort-rif en Suikerbosrand. Daar is tien subpopulasies wat bedreig word deur erosie, indringerplante en onbeheerde brandbestuur.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika leendertziae