Jean Paul Gaultier (soms gespel Jean-Paul Gaultier; gebore 24 April 1952) is 'n Franse modeontwerper. Hy word beskryf as die "enfant terrible" van die modebedryf en is bekend vir sy onkonvensionele ontwerpe, met motiewe wat korsette, seemanstruie en konfytblikke insluit.

Loopbaan Gaultier het die ontwerpersetiket met sy naam in 1982 gestig en dit in 1993 met parfuumprodukte uitgebrei. Hy was van 2003 tot 2010 die kreatiewe direkteur vir die Franse luuksehuis Hermès en het afgetree ná sy haute couture-vertoning in Januarie 2020 om sy 50 jaar in die bedryf te vier tydens die Paryse Modeweek.

Benewens sy werk in die modebedryf was Gaultier van 1993 tot 1997 saam met Antoine de Caunes die medeaanbieder van die eerste sewe reekse van die televisieprogram Eurotrash.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Franse modeontwerpers