Swaweltrioksied is 'n verbinding van swawel en suurstof met formule .
Vorming Die word deur oksidasie van swaweldioksied met suurstof vervaardig, maar hierdie reaksie vereis 'n katalisator:
Die katalisator kan fynverdeelde platinum wees, maar hierdie katalisator raak maklik deur arseen of 'n halogeen vergiftig. 'n Ander moontlikheid is natriumvanadaat wat van vanadiumpentoksied en natriumoksied voorberei kan word. Teen die reaksietemperatuur van 400 °C is hierdie stof 'n vloeistof.
Strukture In die gasfase is swaweltrioksied 'n monomere molekule met 'n plat trigonale struktuur. By kamertemperatuur is die verbinding 'n wit vaste stof, waarvan drie allotrope bekend is: α- se struktuur het 'n polimere netwerk. Sy dampdruk is die laagste en sy smeltpunt die hoogste. Dit is die stabiele fase. β- is 'n heliese polimeer γ- is 'n molekulêre trimeer met 'n ringvormige struktuur. 'n Metastabiele vloeistof by kamertemperatuur.
Die stof word gewoonlik as sy metastabiele vloeibare γ-vorm met 'n stabiliseerder soos 0,3% demetielsulfaat met 0,005% boorsuur verhandel om die polimerisasie na die vaste vorms te verhinder. Hierdie oorgang kan tot ontploffings lei.
Eienskappe Oleum
Swaweltrioksied reageer met water en vorm swawelsuur
Hierdie reaksie is egter so heftig dat dit ontplof. In die produksie van swawelsuur word daarom die trioksied eers in swawelsuur opgelos. Dit produseer piroswawelsuur :
Hierdie stof kan later met water verdun word en dit gee dubbel die hoeveelheid swawelsuur:
Organiese reagens
Swaweltroksied word in die organiese chemie opgelos in tetrachloormetaan gebruik om sulfonsure te vervaardig, bv.:
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings