Luxor Internasionale Lughawe (IATA: LXR – ICAO: HELX) is die hooflughawe wat die stad Luxor, Egipte bedien. Dit is 6 km oos van die stad geleë. Heelwat huurlugrederye gebruik die lughawe, aangesien dit 'n gewilde toeristebestemming is vir diegene wat die Nylrivier en die Vallei van die Konings besoek. duimnael|links|Uitsig oor Luxor Internasionale Lughawe duimnael|links|Luxor Aerodrome-terminaal 1961

Fasiliteite In 2005 is die lughawe opgegradeer om tot 8 miljoen passasiers per jaar te akkommodeer. Fasiliteite vir passasiers sluit in 48 inkloktoonbanke, 8 hekke, 5 bagasie-eisgordels, 'n poskantoor, bank, outomatiese geldruilmasjien, restaurante, kafeteria's, BBP-sitkamer, belastingvrye winkel, koerantwinkel/tabakwinkel, apteek, geskenkwinkel, reisagentskap, toeriste-hulptoonbank, motorhuur, noodhulp, 'n baba-/ouerkamer, toegang vir gestremdes en 'n sakesentrum.

Fasiliteite vir vrag sluit in verkoelde berging, dierekwarantyn, veehantering, gesondheidsbeamptes, X-straaltoerusting en berokingstoerusting. Die vragterminaalhanteringsagent vir die lughawe is EgyptAir Cargo.

Ongelukke en voorvalle Op 21 September 1987 het 'n EgyptAir Airbus A300 tydens 'n oefenvlug neergestort en al vyf bemanningslede aan boord het gesterf.

Op 6 April 1994 is 'n Sudan Airways Boeing 737-200 gekaap en na Luxor herlei. Met die landing het die kaper hom aan die owerhede oorgegee. Daar was geen sterftes of beserings nie en die vliegtuig is nie beskadig nie. Op 20 Februarie 2009 het 'n Antonof An-12 vragvliegtuig neergestort nadat 'n enjin met opstyg aan die brand geslaan het. Al vyf bemanningslede is dood.

Verwysings

Kategorie:Egipte Kategorie:Lughawens in Afrika Kategorie:Lughawens in die Midde-Ooste

https://airport-luxor.com