Kzil-Tan (Russies: Кзыл-Тан, Kasaks: Қызыл-Таң) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Aktjoebe Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die letterlike betekenis van die dorpiese Kasakse naam is "rooi dagbreek".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Kzil-Tan 140 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 130 92,9%Koreane 5 3,6%Onbekend 5 3,6%Totaal140100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast