Lesnoje (Russies: Баста) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit lê tussen die Tsjantastroom en die Sagan-Aminmeer en behoort tot die Olja Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee nedersettings insluit.
Geskiedenis Die dorpie is aan die begin van die 20ste eeu deur Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Көрә (Körä) gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Lesnoje, gekry. Hierdie nuwe naam kom van die Russiese woord vir "woud".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Lesnoje 2 123 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 1 666 78,5% Kalmikiërs 152 7,2% Roma 131 6,2% Oesbeke 48 2,3% Kasakke 29 1,4% Tartare 25 1,2% Armene 19 0,9% Tsjetsjniërs 19 0,9% Oekraïners 6 0,3% Finne 5 0,2% Lakiërs 5 0,2% Georgiërs 4 0,2% Koemikke 3 0,1% Turkmene 3 0,1% Onbekend 8 0,4% Totaal 2 123 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast