Baibek (Russies: Байбек, Kasaks: Baýbek) is 'n Kasakse dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Baibek Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier kleiner nedersettings insluit en op die grens met Kasakstan lê. Die dorpie se naam kom van die Kasakse woorde vir "ryk edelman".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Baibek 1 908 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 1820 95,4% Nogais 29 1,5% Tartare 25 1,3% Russe 13 0,7% Oesbeke 3 0,2% Onbekend 18 0,9 Totaal 1908 100%
Geografie Baibek is geleë aan die Kigatsjrivier, 22 km noordoos van Krasni Jar met die pad. Mali Aral is die naaste dorpie.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast